Die doel van die studie was om 'n kontrolestelsel te ontwikkel wat die gemiddelde oondtemperatuur van twee konvensionele elektriese oonde beheer, en om te bepaal of die kontrolestelsel tussen en binne oonde vergelykbare en herhaalbare resultate lewer betreffende gemiddelde oondtemperatuur en die kleur, vogverlies, hoogte en tekstuur van kleinkoekies en laagkoeke soos bepaal deur objektiewe meetinstrumente. Geen betekenisvolle verskil is gevind tussen en binne behandelings wat die gemiddelde oondtemperatuur en die meeste produkeienskappe betref nie. Hierdie beheerstelsel kan dus vir voedselnavorsing aanbeveel word. Dit verbeter temperatuurbeheer binne en tussen konvensionele elektriese oonde en kan 'n sinvolle bydrae tot eksperimentering in voedselnavorsing lewer waar konstantheid tydens die herhaling van behandelings van kardinale belang vir betroubare resultate is.
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2025 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.