Although performance appraisal is critical to the effective management of a welfare organisation the performance appraisal of social workers are often neglected, implemented incorrectly or regarded within a negative light.This exploratory/descriptive study aimed to set scientifically grounded guidelines for the implementation of performance appraisal with regard to social workers. The idea was not to provide comprehensive guidelines regarding every aspect for performance appraisal, but to identify gaps and problems which may be studied in future research.Through questionnairs the perceptions of performance appraisal by 38 social workers and four social work managers were tested and described.It seemed that performance appraisal of social workers is geared towards development, and that social workers and social work managers do benefit from performance appraisal. Social workers were of the opinion that performance appraisal should be employed to identify gaps and development areas in equipping social workers professionally. INLEIDINGDie belangrikste formele stelsel wat gebruik word om 'n organisasie se menslike hulpbronne te beheer, is prestasiebeoordeling wat die prestasie van die werknemers en bestuurders binne die organisasie evalueer (Smit & Cronje, 1997:413; Swanepoel, Erasmus, Van Wyk & Schenk, 2000:407). Alhoewel prestasiebeoordeling van kritiese belang vir die effektiewe bestuur van 'n welsynsorganisasie is, word die prestasiebeoordeling van maatskaplike werkers dikwels afgeskeep, foutiewelik uitgevoer en met groot negatiwiteit bejeën (Millar, 1990:66; Mullins, 1993:584). Die deeglike bestuur van die menslike hulpbronne in 'n organisasie is 'n bepalende faktor met betrekking tot sy produktiwiteit, want werknemers moet presies weet wat van hulle verwag word en teen watter kriteria hulle prestasie en die resultate behaal, gemeet sal word. Cawley, Keeping en Levy (1998:615) verwys na Judge en Ferris (1993) se stelling dat prestasiebeoordeling een van die belangrikste menslikehulpbronstelsels in 'n organisasie is aangesien dit verskeie menslikehulpbronbesluite beïnvloed.As prestasiebeoordeling professioneel korrek uitgevoer word, hou dit baie waarde en voordele vir 'n organisasie, die supervisor (bestuurder), die maatskaplike werkers en die kliëntsisteem in (Botha, 2000:244). As bestuursaktiwiteit behoort prestasiebeoordeling egter met besondere oordeelkundigheid hanteer te word, want 'n maatskaplike werker se selfbeeldfunksionering, motivering, loopbaanontwikkeling en toewyding aan die organisasie word direk daardeur beïnvloed. KONSEPTUALISERING VAN SLEUTELKONSEPTEDie konsep "prestasiebestuur" is veel breër as die konsep "prestasiebeoordeling" en dit sluit 'n stel van tegnieke in waardeur die bestuurder ondergeskiktes se prestasie beplan, rig en
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2025 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.