Lexikos word agtereenvolgens deur proff. E. Taljard, D.J. Prinsloo en R.H. Gouws geredigeer. Prof. Gouws wat vanjaar die redakteur van Lexikos sou wees, was vanweë werksdruk nie beskikbaar nie. Alhoewel ek reeds na die publikasie van nommer 20 as redakteur van Lexikos uitgetree het, het ek ingestem om Lexikos vanjaar weer vir 'n allerlaaste keer te redigeer.Ek wil graag al die bydraers bedank vir die voorlegging van artikels vir hierdie nommer van Lexikos. Baie van hulle het bygedra tot vorige nommers, maar verskeie ander het dit vir die eerste keer gedoen. Hulle almal sal saamstem dat die keurders wat ruimskoots van hulle tyd en ervaring gegee het om die artikels te beoordeel, 'n belangrike rol vervul het met hulle waardevolle opmerkings en voorstelle wat in baie gevalle daartoe gelei het dat dele van artikels heroorweeg en herskryf is. Dit het 'n stimulerende en vernuwende invloed op die gehalte van die artikels gehad wat in hierdie nommer ingesluit is.Prof. G.-M. de Schryver het uit AFRILEX bedank, maar elkeen kan getuig van die groot bydrae wat hy gelewer het, eers as Raadslid en later as President van AFRILEX. Daarbenewens was hy 'n gereelde medewerker van Lexikos waartoe hy vanjaar weer twee medegeskrewe artikels bygedra het. Dr. V.M. Mojela is as President in sy plek verkies. Hy is nie onbekend aan AFRILEX en Lexikos nie, aangesien hy vir 'n aansienlike tyd lid van die Raad was en gereeld artikels in Lexikos gepubliseer het. Lexikos is oortuig dat hy 'n vrugbare termyn as President van AFRILEX sal hê.Prof. H.M. Batibo het aangedui dat hy uit die Redaksiekomitee wil tree. Lexikos wil hom bedank vir sy bydrae deur die jare. Dr. M.M. Bagwasi en prof. T.J. Otlogetswe, albei van Botswana, het ingestem om in die Komitee te dien. Hopelik sal hulle albei 'n aangename verbintenis met Lexikos hê.Na baie jare het ek weer saamgewerk met me. M.H. van der Westhuizen wat die setwerk vaardig en professioneel gedoen het. Soos altyd het me. T. Harteveld waardevolle tegniese hulp verleen wanneer dit nodig was. Ek wil hulle verseker dat hulle deel aan die voltooiing van hierdie nommer baie waardeer word.Laastens wil ek hiermee AFRILEX en Lexikos alles van die beste vir die toekoms toewens. J.C.M.D.du Plessis Redakteurhttp://lexikos.journals.ac.za xi Foreword Lexikos is consecutively edited by Profs E. Taljard, D.J. Prinsloo and R.H. Gouws. Prof. Gouws who should have edited Lexikos this year, was, owing to pressure of work, unable to do so. Although I had already retired as editor of Lexikos after the publication of issue 20, I have agreed to edit Lexikos again for the very last time this year.I would like to thank all the contributors for submitting articles to Lexikos. Many of them have contributed to previous issues, but several others have done so for the first time. All of them will agree that the referees, who unstintingly gave of their time and experience to evaluate the articles, fulfilled an important role with their valuable comments and suggestions which in many cases led to rethinking and rewriting parts of articl...
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2025 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.