OpsommingDie doelwitte van hierdie studie was om vroulike verbruikers se persepsies en emosies aangaande die klere-verkoopsassistent in die klerekleinhandel te bepaal. Die invloed van die bystand en diensverskaffing van die klere-verkoopsassistent op die verbruiker se aankoopbesluit is ook bepaal. ʼn Kwalitatiewe navorsingsstrategie is gevolg. Semi-gestruktureerde onderhoude is gebruik vir data-insameling om onderhoude met respondente in ʼn bekende Suid-Afrikaanse klerekettingwinkel te voer. Die meerderheid van die respondente het dieselfde verwagtinge gehad, wat eienskappe ingesluit het waarna die verkoopsassistent behoort te streef en te vermy. Die respondente se verwagtinge van die kenmerke van die verkoopsassistent, asook hulle positiewe of negatiewe ingesteldheid teenoor die klere-verkoopsassistent, het hulle persepsies beïn-vloed. Hulle aankoopbesluit is negatief beïnvloed deur ʼn verskeidenheid emosies wat uitgelok is deur die klere-verkoopsassistent. Die verskillende tipes aankoopbesluite wat voortvloei uit die diensverskaffing en bystand van die klere-verkoopsassistent sal die kleinhandelaar se verkope laat toeneem, afneem, of geensins beïnvloed nie. Die resultate van hierdie studie is van belang vir die klerekleinhandel, omdat verbruikers se aankoopgedrag die wins van klerewinkels sal beïnvloed.
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2025 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.