“…Industriële en huishoudelike afvalwater bevat onder andere pestisiede, olies, kleurstowwe, fenole, sianiede, toksiese organiese verbindings, fosfate, gesuspendeerde partikels en swaarmetale (Pakdel & Peighambardoust 2018). Kommersiële aktiwiteite, insluitend mynwese, geotermiese aanlegte, die motorbedryf, gifstofvervaardiging, leerlooiery, asook kleur en plateringsaktiwiteite, word wêreldwyd verantwoordelik gehou vir swaarmetale wat die omgewing kontamineer en wat eventueel in oppervlakwater akkumuleer (An et al, 2015;Peligro et al, 2016). Die eliminering van swaarmetale uit afvalwater is egter problematies omdat dit in verskillende chemiese vorme voorkom, dit nie biodegradeerbaar is nie en maklik deur verskillende trofiese vlakke beweeg om uiteindelik in die biota te akkumuleer.…”