People are fundamental to the success of managing physical assets. Line managers are increasingly becoming responsible for peoplemanagement activities that were traditionally placed within the human resources function, while often lacking effective peoplemanagement skills. A framework was developed to establish a human asset register to support asset managers in improving the management of people. The proposed framework provides a generic step-based approach to establishing a structured reflection of human dimensional information to facilitate the application of people management through asset managers. Structured expert interviews validated the proposed framework as providing a pragmatic method to solve the identified problem.
OPSOMMINGMense is krities tot die suksesvolle bestuur van fisiese bates. Lynbestuurders word toenemend verantwoordelik vir menslike bestuursaktiwiteite, wat tradisioneel binne die menslike hulpbronbestuur afdeling geplaas is, maar daar is gereeld ʼn tekort aan effektiewe menslike bestuursvaardighede. ʼn Raamwerk is ontwikkel om ʼn menslike bateregister saam te stel om sodoende batebestuurders te ondersteun om die bestuur van mense te verbeter. Die voorgestelde raamwerk verskaf ʼn generiese stapsgewyse benadering om ʼn gestruktureerde weerspieëling van menslike dimensionele informasie te bewerkstellig om sodoende die toepassing van menslike bestuur deur batebestuurders te fasiliteer. Gestruktureerde kenneronderhoude het die voorgestelde raamwerk gevalideer as ʼn pragmatiese metode om die geïdentifiseerde probleem aan te spreek.