“…In die literatuur is die volgende organisatoriese stressors geïdentifiseer: onvoldoende administratiewe steun (Fontana, 1994) lang ure (Sparks, Cooper, Fried & Shiron (1997) swak salaris (Kum, Kervin, Clarke, Reid & Seirola, 1998) "red tape" en prosedures (Fontana, 1994) onsekerheid en onveiligheid (Fontana, 1994) tipe organisasie (Melin, Lundberg, Soderland en Granqvist, 1999) Wat werksverwante stressors betref, is die volgende in die literatuur gevind: rolkonflik, roldubbelsinnigheid en rolverwarring (Hammer, Allen & Grigsby, 1997) oorlading, onderlading (Steward & Balling, 1996) onrealistiese eise (Pentti & Uutela, 1996) min insae in besluitneming (Steward & Balling, 1996) toesighouers (Lobban, Husted & Farewell, 1998) kollegas (Burke, Greengloss & Konarski, 1997) min verskeidenheid (Fontana, 1994) swak kommunikasie (Fontana, 1994) swak leierskap (Fontana, 1994) tegnologie (Rice, 1992) interpersoonlike konflik (Narayanan et al, 1999) Die taakverwante stressors is soos volg: verantwoordelikheid (Statt, 1994) interaksie tussen kliënte en ondergeskiktes (Fontana, 1994) onduidelike take (Hackman, Hoffman, Moos, Osipow & Tornatzky, 1986) Navorsing het egter ook getoon dat sekere persoonlikheidstrekke 'n groter predisposisie ten opsigte van die negatiewe effekte van stres het. Die tipe A-persoonlikheid word gedefinieer as 'n aantal korrelerende gedragspatrone wat ongeduld, noodsaaklikheid van tyd, kompetisie en strewe na prestasie tot gevolg het (Lussier, 1993).…”