The use of multivariate techniques in the analysis of multivariate problems is illustrated by comparing the results of univariate and multivariate techniques applied to the problem of establishing the nutritional requirements of, and the acid tolerance differences between maize cultivars. Forty-eight maize cultivars were statistically separated into three groups, tolerant, intermediate and intolerant, using a univariate approach. A principal components analysis was then carried out to study the grouping at a mUltivariate level. The variates included were grain yield, plant height and ten leaf chemical analyses: AI, Mg, P, Ca, K, Mn, Zn, Fe, N and Cu. A non-hierarchical classification was applied to classify cultivars into the three tolerance classes. The univariate method resulted in different groupings for each variate under study, while the multivariate approach ensured one single classification of all cultivars into the three groups. Die noodsaaklikheid vir die gebruik van meerveranderlike tegnieke om meerveranderlike probleme te anal i-. seer word beskryf deur die result ate te vergelyk van eenveranderlike teenoor meerveranderlike tegnieke wat op plantvoedingsproefdata toegepas is. Die doel van die proef was om die voedingsbenodighede en suurverdraagsaamheidsverskille tussen mielie cultivars te bepaal. Agt-en-veertig mielie cultivars is statisties verdeel in drie groepe, nl. verdraagsaam, intermedier en onverdraagsaam, op 'n eenveranderlike wyse. 'n Hoofkomponentanalise op die data stel is toegepas en twaalf veranderlikes is ingesluit, nl. graan opbrengs, plant hoogte en tien blaar chemiese analises: AI, Mg, P, Ca, K, Mn, Zn, Fe, N en Cu. Om die groepering verder op'n meerveranderlike vlak te bestudeer is 'n trosanalise toegepas om 'n klassifikasie van die cultivars in die drie groepe te verkry. Daar word aangedui hoe die eenveranderlike tegniek verskeie groeperings vir elke veranderlike verkry, terwyl die meerveranderlike benadering verseker dat 'n enkele klassifikasie verkry word vir al die cultivars.