* Outeur aan wie korrespondensie gerig kan word
INLEIDINGDie beskikbaarheid van voedsel word beskou as 'n belangrike oorsaak vir die probleme wat met voëls op lughawens ondervind word.1 Ten einde teikengebiede vir moontlike beheermaatreëls te identifiseer is die dieetsamestelling van voëlsoorte van kardinale belang.2 Die ontleding van maag-en/of kropinhoude is in hierdie verband uiters geskik vir die bepaling van voedingsgewoontes aangesien dit die beste aanduiding verskaf van voedsel wat werklik benut word.3 Relatief min gedetailleerde gegewens is bekend oor die dieet van Suid-Afrikaanse voël-soorte, in besonder dié van droë grasveldgebiede. 4 In die meeste gevalle is beskikbare inligting ook net tot vae veralgemenings in standaard naslaanwerke beperk. [5][6][7] In hierdie studie word die dieetsamestelling van oorwegend grondlewende voëlsoorte in 'n grasveldgemeenskap op 'n binnelandse lughawe ondersoek. (1985)(1986)(1987)(1988)(1989)(1990)(1991)(1992)(1993)(1994)(1995) 'n oppervlakte van 644 ha en vorm deel van die SuiderAfrikaanse grasveldbioom.
STUDIEGEBIED
ABSTRACT
Dietary composition of bird species at an inland airport in South Africa
Stomach contents of 51 bird species that posed a potential threat to aviation were collected at the Bloemfontein airport over a period of 11 years8 Die plantegroei van die streek, meer spesifiek, kan as 'n droë Cymbopogon-Themeda-veldtipe beskou word.9 Met 'n hoogte van 1 422 m bo seespieël en 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 550 mm word die gebied as 'n semi-ariede somerreënvalstreek geklassifiseer.10 Gemiddelde daaglikse maksimum en minimum temperature wissel van 29,8°C in Januarie tot -1,7°C in Julie, terwyl die uiterste temperature in die ooreenstemmende tydperk van 39,3°C tot -10,3°C varieer.
MATERIAAL EN METODESAs deel van 'n voëlbeheerprogram op die Bloemfontein-lughawe word voëls op aanloopbane onmiddellik voor die aankoms of vertrek van geskeduleerde stralervlugte met 12-boor haelgewere deur beamptes van die plaaslike brandweerafdeling geskiet. Karkasse is gewoonlik binne 'n uur gevries in 'n vrieskas wat vir navorsingsdoeleindes beskikbaar gestel is. Vanaf Januarie 1985 tot Desember 1995 is 'n totaal van 3 544 karkasse op 'n maandelikse basis vir ondersoek na die laboratorium verwyder. Na ontdooiing is die voëls volgens die klassifikasie en nomenklatuur van Maclean 6 geïdentifiseer. (In navolging van Clancey 11 is daar voorkeur verleen aan die benaming witvlerkkorhaan (Eupodotis afraoides) eerder as swartkorhaan (E. afra) wat geen