The aims of this simulation experiment were 1 to provide clothing management students with an opportunity to experience and evaluate the efficiencies of three apparel production systems, namely bundle, kanban and modular, and 2 to evaluate the utilisation of this simulation experiment as a training model in the clothing construction and production classroom. (Oesterreicher, 1993;Dimitrov, 1990;Fralix et al, 1990;Jin & Schonberger, 1988).Kleinskaalse klereproduksie-ondernemings het die voordeel dat hulle vanweë die kleiner omvang van hul produksie vinnig op markbehoeftes kan reageer. Hul plaaslike produksieomgewings is waarskynlik meer stabiel as dié van die groot vervaardigers, onder meer omdat minder werkers betrokke is. Die kleiner ondernemings moet egter steeds in die komplekse en onstabiele wyer omgewing met die produkte van die groter vervaardigers meeding. Ziemke en Adams (1990) is van mening dat geen kleinskaalse klereproduksie-onderneming strategiese bestuursplanne kan formuleer sonder om die faktore wat sy mededingers in die mark dryf en bevoordeel te ontleed nie. Dieselfde outeurs is ook van mening dat kleiner produsie-ondernemings, net soos die groter ondernemings, voordeel kan trek uit die implementering van produksieprosesse wat groter produkdiversifikasie en 'n vinniger reaksie ("quick response") op markbehoeftes kan bevorder.Drie stelsels is in 'n loodsstudie gesimuleer en vergelyk om studente in kledingbestuur op tersiêre vlak die geleentheid te gee om op selfontdekkende wyse die nodige insig en ervaring oor verskillende produksiestelsels te verwerf . Twee van die stelsels, die kanban en die modulêre stelsel, kan as plooibare produksiestelsels geklassifiseer word, terwyl die bondelstelsel minder plooibaar is maar nog algemeen gebruik word.Vervolgens word elkeen van die stelsels kortliks omskryf en enkele voor-en nadele wat elkeen vir die vervaardiger (werkgewer) en die werknemer inhou, word uitgelig.
BondelstelselDie bondelstelsel behels 'n proses waar produkte deur die stelsel "gestoot" word. Bondels uitgesnyde pante word onder die werkers/operateurs versprei. Stappe word volgens 'n bepaalde orde deur die operateurs in die produksielyn voltooi (Oliver et al, 1994). Die aantal stappe bepaal die aantal operateurs wat by die produksieproses betrokke is. Die operateur by 'n bepaalde werkstasie voltooi net die taak wat aan hom toegeken is. Daarna word die kledingstuk aangegee na die
INLEIDINGDit is bekend dat die klerenywerheid in die laaste paar dekades wêreldwyd aan groot druk onderwerp is. Die klerenywerheid het veral te kampe met sterk internasionale mededinging, hoë koste en vinnige veranderinge. Baie ondernemings het in die proses ondergegaan. Dit is dus nie vreemd dat bestuursfilosofieë soos Quick Response en JIT ("just-in-time) wêreldwyd veld gewen het nie. Wat die vervaardigingsektor betref, beskryf Kincade en Cassill (1993:23) Quick Response as "... a state of responsiveness in which a manufacturer seeks to provide a product to a consumer in the precise quantity, quality and timefr...