Rage dyscontrol, defined as rage outbursts that are strikingly disproportionate to the provoking stimulus, ranges in intensity from verbal abuse through to episodes of sufficient violence to cause significant property damage, injury, or death to others. The emergence and current status of rage dyscontrol as a distinct clinical entity are reviewed, a typology of dyscontrol constructed, and its known organic substrates described. The dyscontrol syndrome, shown to be unrelated to temporal lobe epilepsy, is then reviewed in relation to developmental antecedents on the one hand and a known history of traumatic brain injury on the other. Finally, the likely utility of rage dyscontrol as an extenuation in criminal cases is discussed in the light of a case history. The treatment of rage dyscontrol is considered in Part 2 of the article (this issue).Onbeheerste woede, gedefinieer as woede-uitbarstings wat buite verhouding met die veroorsakende stimulus is, wissel in intensiteit van verbale skeltaal tot voorvalle van sodanige gewelddadigheid dat dit kan lei tot saakbeskadiging, of besering of die dood van ander. Die voorkoms en huidige status van onbeheerste woede as 'n onderskeibare kliniese entiteit word oorsigtelik bespreek, 'n tipologie van onbeheerstheid word aangebied, en die bekende organiese substrata daarvan word beskryf. Die onbeheerstheidsindroom, wat in die studie as onverwant aan temporale kwab-epilepsie aangetoon word, word daarna beskou in relasie met ontwikkelingsantesedente aan die een kant en 'n bekende geskiedenis van traumatiese breinbesering aan die ander kant. Laastens word die waarskynlike benutting van onbeheerste woede as versagting in kriminele gevalle in die lig van 'n gevallestudie bespreek. In die tweede deel van hierdie artikel (hierdie uitgawe) word daar ingegaan op die behandeling van onbeheerste woede.