Two consistent problems in research assessing the work stress/health relationship are identified, namely, the tendency (a) to ignore possible gender differences in the association between work stressors and health, and (b) to assess work status (i.e., whether an individual is employed or not) rather than the experience of unique work stressors. This study focuses on the association between health problems and work involvement, job satisfaction and role conflict for 91 males and 56 females, all in full-time employment with at least one dependent child. Role conflict and job dissatisfaction predicted health problems of females, but not of males, while work involvement was not associated with health for either gender. The role conflict/health relationship differed significantly for males and females, although the job dissatisfaction/health relationship did not.The dichotomy between emotional outcomes arising from work (e.g., job dissatisfaction and role conflict) and intrinsic work aspects (e.g., job involvement); the importance of gender role expectations on the working mother and father; and the differential experiences of work of males and females are suggested as possible factors accounting for the different patterns of relationships. Some suggestions for further research are offered.S.Afr. J. Psychol. 1984, 14:50 -53 Twee probleme word geIdentifiseer in navorsing om die werkspanning/gesondheidsverhouding vas te stel, naamlik die neiging (a) om moontlike geslagsverskille in die verhouding tussen werkspanninge en gesondheid te ignoreer, en (b) om werkstatus te beraam (bv., of 'n individu werk het of nie) eerder as die ervaring van unieke werkspanninge. Hierdie studie konsentreer op die verhouding tussen gesondheidsprobleme en werksbetrokkenheid, arbeidsbevrediging, en rolkonflik vir 91 mans en 56 vrouens, almal voltyds in diens en met ten minste een afhanklike kind. Rolkonflik en onbevredigende werksomstandighede (negatiewe werksbevrediging) het vrouens se gesondheidsprobleme voorspel, maar nie die van mans nie, en werksbetrokkenheid is vir geen geslag met gesondheid in verband gebring nie. Die rolkonflik/gesondheidsverhouding het betekenisvol verskil vir mans en vrouens, alhoewel dit nie die geval was met die verhouding tussen negatiewe arbeidsbevrediging en gesondheid nie.Die digotomie tussen emosionele uitvloeisels uit mense se werk (bv., negatiewe arbeidsbevrediging en rolkonflik) en intrinsieke werksaspekte (bv., werksbetrokkenheid); die belangrikheid van geslagsrolverwagtings van die werkende moeder of vader; en mans en vrouens se verskillende werkservaringe word voorgestel as moontlike faktore wat verantwoordelik is vir die verskillende verhoudingspatrone. 'n Paar voorstelle vir verdere navorsing word aangebied.