INLEIDINGAlhoewel spesifieke taalgestremdheid (STG) nie 'n nuwe studieveld is nie Engelse data opgestel. In afdeling 5 word daar kortliks gekyk na die waarde van Afrikaans om die verklarende meriete van hierdie verklarings te evalueer. 'n Slotperspektief, wat fokus op die belang van die voortgesette studie van STG, word in afdeling 6 gegee.
EIENSKAPPE VAN SPESIFIEKE TAALGESTREMDHEIDDie meeste data oor die eienskappe van die taal van kinders met STG (voortaan "STGkinders") is van Engelssprekende kinders versamel. Wat kortliks in hierdie afdeling bespreek word, is gevolglik grootliks hoe STG in Engels presenteer, in terme van die leksikon (afdeling 2.1), sintaksis (afdeling 2.2), fonologie (afdeling 2.3), en pragmatiek (afdeling 2.4) van STGkinders.