Resisting text-bound research: Towards a reversed approach to cultural studies 2 is, is reeds 'n refleksiewe 3 pleidooi gelewer vir 'n omgekeerde benadering tot kultuurstudie deur te let op probleme ten opsigte van veldwerk, akademiese toeganklikheid en 'n navorser se verantwoordelikheid. In hierdie artikel word daarop voortgebou deur die verhouding tussen die waarnemer en die waargeneemde onder die loep te neem. Die oogmerk met hierdie artikel is onder andere om die rol van menslike bemiddeling in die analise van gegewens te betrek, te beskryf en die resultate daarvan in berekening te bring. Ook word beoog om die "stemme" uit die ondersoekveld (die mense uit die San-gemeenskap wat deur die navorsers waargeneem word) as gelykes in die ondersoekproses te betrek. Sodoende word hierdie "stemme uit die veld" beskou as menswaardig en as medeprodusente van die kennis wat sodoende byeengebring word. Dit was dus vir die groep navorsers nodig om 'n geskikte metode te vind waarmee die lede van die San-gemeenskap -die "objekte" van die navorsing -en hulle belange in 'n teoretiese raamwerk opgeneem en beskryf kon word.
In this article an argument is developed for a reversed approach of cultural studies in discussing problems regarding fieldwork, academic access and accountability. We also argue for an empirical space in cultural studies, for a greater acknowledgement of fieldwork done by Third-World scholars vis-á-vis seminal theory development in the Western world. The article discusses relationships between observers and the observed in terms of dependency, inclusions/exclusions, and borders and othering. We reflexively analyse tensions and contradictions set in motion by the writing of articles on observer-observed relationships within both the San communities themselves and among researchers and development and other agencies working in one of these areas. Issues addressed relate to the ownership of information,Voorts word gekyk na die noodsaak om tekste in terme van hulle kontekste te benader (vgl. Tomaselli 2001(vgl. Tomaselli , 2003, aangesien akademiese, teksgebonde navorsing, wat dikwels goed geskrewe, voortreflike analises lewer, geneig is om die alledaagse, empiriese betekenis op die agtergrond te skuif. Die beskrywing van detail, die direktheid van navorsingsveldwerk en 'n (self-)refleksiewe benadering is egter net so belangrik soos 'n tekstuele teorie waarin menslike bemiddeling erken en beskryf word en waarin navorsers die "stemme uit die veld" as hulle gelykes betrek. Die waarde van teorieë wat gekonstrueer word sonder dat genoegsaam verwys word na empiriese toestande en die mense (die belewende subjekte) wat deel is daarvan, word dus in dié artikel bevraagteken. Sulke teorieë word dikwels die einddoel van kultuurstudie, in plaas van 'n voorlopige middel waarmee die empiriese toestande, wat ondersoekers in die veld teëkom, verduidelik kan word.3 In antropologie is "refleksiwiteit" 'n term wat verwys na 'n metode waar navorsers sowel persoonlike aspekte (wie hulle is, waar hulle vandaan kom en wat hul...