INLEIDINGSoos in die eerste artikel 1 beskryf, word die vrugte van die familie Asteraceae dopvruggies of kapsellas genoem. Daar word nou in meer besonderhede na die uitwendige bou van verskillende vruggies en na die pappus of vrugpluis gekyk. Die interessante aanpassings vir verspreiding sal ook kortliks behandel word.
DOPVRUGGIE OF KAPSELLA OntwikkelingDie onderstandige vrugbeginsel van die Asteraceae bestaan uit twee vergroeide vrugblare en bevat 'n enkele vrugknop wat aan die basis van die vrugbeginsel vasgeheg is. Hieruit ontwikkel die eenhokkige, droë, nie-oopspringende kapsella met 'n enkele saad waarvan die saadhuid met die vrugwand vergroei is.
2, 3Grootte Die vruggies varieer van baie klein (minder as 0.5 mm in deursnee by Helichrysopsis septentrionale (Vatke Hilliard) tot redelik groot (tot ± 20 mm in deursnee by Dimorphotheca spectabilis Schltr). Die vruggies ontwikkel uit 'n hofie waar tot soveel as 100 of meer blommetjies teenwoordig kan wees. Die vruggies kan uit die lint-of buisblomme of albei ontwikkel, afhangende van die geslag van die verskillende blommetjies. spoelvormig of gerimpel (buitenste vruggies van Dimorphothecasoorte) (figuur 3) wees. Hulle kan glad, harig (Felicia) (figure 4 en 5) en/of klieragtig (Calostephane, Inezia, Printzia) wees. By sommige soorte kom daar 'n klossie lang hare aan die onderkant van die vruggie voor, soos by sommige Arctotis-, Ursinia-en Haplocarpha-soorte (figuur 6). Soms kom daar hare op die vruggies voor wat slymerig word wanneer hulle nat word. Sommige vruggies is met lang, syagtige hare bedek, byvoorbeeld die Eriocephalus-(kapokbosse), Tarchonanthus-(wildekanferbome), Arctotis-, Gazania-en Dicoma-soorte. Die vruggies kan grof wees, met groewe of riwwe op die oppervlak (soos die Osteospermum-, Senecio-en Gerbera-soorte) (figuur 7). Dikwels het die afgeplatte vruggies vlerke (soos die Dimorphotheca-, Chrysanthellum-, en sommige Cotula-, Cineraria-en Coreopsissoorte) ( figure 1 en 8). Die vruggies van Tripteris-soorte het drie vlerkies, soos die naam aandui (tri=3, pteron=vlerk) (figuur 9). Daar kan ook ander uitstulpings of uitgroeisels (Osteospermum) of dorinkies (Acanthospermum, Xanthium) (figuur 10) op die vruggies voorkom. In die geval van die geslag Chrysanthemoides (bietoubosse) is die vruggie eintlik 'n steenvrug, aangesien dit 'n vlesige omwindsel het. Daar kom ook dikwels vrugdimorfisme by verskillende soorte voor, deurdat twee verskillende soorte vrugte uit die lint-en buisblomme van een hofie ontwikkel, soos by Chrysanthellum-soorte (figuur 11). 'n Ander baie bekende voorbeeld hiervan is die geslag Dimorphotheca -soos die naam aandui, is daar twee tipes (di=twee, morpho=vorm, theca= omhulsel) vruggies ( figure 3 en 8). In hierdie geval is die vruggies van die lintblomme onopvallend en tolvormig terwyl dié van die buisblomme gevleuel is. By sommige Cotula-en Cineraria-soorte is dit weer die vruggies van die buitenste vroulike blomme wat gevleuel is (figuur 1). Soms is die bopunt van die vruggie verleng om 'n lang nek te vorm, soos by Gerbera, Taraxa...