Understanding the life context of people as a prerequisite for pastoral guidance
In this article the importance of the context in which contemporary
InleidingDie doelwit van hierdie artikel is om aan te toon hoe belangrik insig in en kennis van die lewenskonteks van mense vir hulle pastorale begeleiding is. Dit word gedoen aan die hand van die bespreking van megatendense (waaronder internasionalisme, soeke na sin en betekenis, sekularisme en veranderde denkwyses soos postmodernisme). Ook die Afrika-konteks word betrek in die bespreking. Verder kom die Suid-Afrikaanse konteks aan die beurt met aspekte soos transformasie, die moraliteitskrisis, verandering in die geloofsisteem, druk op die gesin, geweld en misdaad, onttrekking van die openbare lewe, werkloosheid en armoede, menseregte en 'n behoefte aan 'n geldige werksetiek. Ten slotte word die waarde van en begrip vir die lewenskonteks van lidmate met betrekking tot die pastorale begeleiding in hulle dienswerk as Christene aangetoon. Sekere rigtinggewende gevolgtrekkings word ook gemaak.