Universiteit van Pretoria. Malan publiseer oor 'n aantal gebiede in die teoretiese staatsreg soos grondwetlike oppergesag, konstitusionele verandering en demokrasie asook minderheidskwessies en taalreg. Hy is die outeur van 'n akademiese monograaf getiteld, Politokrasie: 'n peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop wat onlangs deur die Regspers van die Universiteit van Pretoria gepubliseer is. Die werk het ook in Engels verskyn. Hy dien op die adviesraad vir die Revue de Droit Linguistique / Journal of Language Law. Malan neem ook deel aan die werksaamhede van 'n jaarlikse konstitusionele dialoog, wat fokus op federalisme-verwante kwessies en wat hoofsaaklik uit juriste vanuit Europa en Asië bestaan. Hy publiseer gereeld in die openbare media soos Rapport, Maroela Media en Politicsweb oor politieke en konstitusionele kwessies.