In hierdie artikel word die institusionalistiese denkwyse (I-denke) as dominante denkwyse in die krimpende tradisioneel-Afrikaanssprekende Gereformeerde kerke bespreek. I-denke toon 'n denkwanbalans wat weerspieël word in die huidige ongebalanseerde en ongesonde kerkpraktyk. Die onwaarskynlikheid van organiese groei binne die huidige ekklesiologiese wanbalans, word belig deur te fokus op navorsing binne die Gereformeerde Kerk van Suid Afrika (GKSA)-kerkpraktyk, as een van die drie gereformeerde susterskerke. Die bevindings dui op die noodeisende toestand binne die tradisionele ekklesiologie. Die Christosentriese denkparadigma word as gebalanseerde korrektief aan die hand van die groot opdrag uiteengesit (maak dissipels van alle nasies) uiteengesit, as sleutel vir die daarstel van gesonde omstandighede ter wille van kerkgroei. Denke as die belangrikste ekklesiologiese oorsaak van kerkkrimping, kan deur denkverandering teëgewerk word ten einde verdere krimping van die susterskerke teë te werk. Inleiding Institusionalistiese denke (vgl. Schwarz 1999:24-42, 191-194) en die daaruit voortspruitende institusionalistiese kerkpraktyke, is opvallend sterk gevestig binne die Afrikaanssprekende gereformeerde susterskerke. 1 Literatuurstudie en bevindings na aanleiding van 'n steekproef rakende I-denke in die tradisionele kerkpraktyk toon dat die meeste gereformeerde gelowiges werklik onbewus is van die verband tussen hierdie twee sake, naamlik die institusionalistiese denkwyse en die krimpende kerke (vgl. Die problematiese toedrag binne die tradisioneel Afrikaanssprekende hoofstroomkerke vra derhalwe om dringende selfondersoek, ten einde bewus te word van die werklike toedrag van die heersende krimpende fase; 'n toestand wat roep om ernstige herbesinning en radikale bekering deur diepgaande denkverandering (vgl.). 'n Denkverandering kan die betrokke gereformeerde kerke op 'n pad van ware Skrifgehoorsaamheid plaas (vgl. McLaren 2006:226). 'n Denkverandering kan die huidige dalende kurwe (communitas-fase) betyds begin omkeer na 'n stygende kurwe (societas-fase) (anker om nie weens ongebalanseerde of ongesonde denkwyses in die afwaartse golffase te verdwyn nie (Brouwer et al. 2007:16-20, 105; Saarinen 1992); 'n afwaartse kurwe wat voortgestu word deur die huidige, steeds toenemend 'anderse' (Brouwer et al.