“…Verskeie outeurs, waaronder Truong & Creighton (1994), Truong (2002), en Vargas et al, (2016) het aangetoon dat C. zizanioides relatiewe hoë konsentrasies van swaarmetale soos chroom (Cr), koper (Cu), lood (Pb), kwik (Hg), nikkel (Ni), mangaan (Mn), sink (Zn) en yster (Fe), asook elemente soos arseen (As) in die blare en wortels kan akkumuleer. Roongtanakiat et al, (2007), Chen et al, (2011) en Hasan et al, (2017) het C. zizanioides aan oppervlakwater wat met verskillende konsentrasies metale gekontamineer was, blootgestel om vas te stel watter metale die plant effektief kan opneem. Hieruit was dit duidelik dat die oorgrote meerderheid van die metale in die wortels akkumuleer en dat veral Pb, Fe, Mn and Zn in relatiewe hoë konsentrasies in die wortels teenwoordig was (Hasan et al, 2017;Antiochia et al, 2007;Roongtanakiat et al, 2007).…”