Opsomming Hierdie artikel is ’n konseptuele dokument wat die toenemende geslagsongelykheid in die postdemokrasie Suid-Afrikaanse onderwysomgewing ondersoek. Ek argumenteer dat terme/frases soos feministiese pedagogiek, gelyke kanse en gelyke toegang vir vroue in onderwyspraktyke en ‑ruimtes nie bloot leë frases moet wees nie, maar verstaan moet word as die aftakeling van ongelykheid met betrekking tot ruimtes en praktyke in onderwys om meisies en jong vroue in staat te stel om hul doel in die lewe te vind en hul loopbaanambisies te verwesenlik deur gelyke geleenthede in onderwyspraktyke en -ruimtes te skep. Die konstruksie van transformasionele verandering met gelykheid vir almal as die riglyn lei nie noodwendig tot geslagsgelykheid nie. Hierdie artikel ondersoek krities die insluiting van geslagskwessies wat dikwels in die onderwys deur ’n postkoloniale feministiese lens misgekyk word, as ’n manier om opvoedkundige ruimtes en praktyke te verander met betrekking tot ongelykhede waaraan vroue steeds blootgestel word. Resultate toon dat gemarginaliseerde stemme (dié van wit en swart vroue en LGBTQI+-persone) in ag geneem moet word wanneer opvoedkundige praktyke en ruimtes geskep word en diegene in magsposisies (patriargie) wat steeds as hekwagters optree, moet uitdaag. Trefwoorde: Afrika; aftakeling; dekolonialisering van onderwys; feministiese pedagogiek; koloniale en postkoloniale onderwysstelsels; opvoedkundige ongelykhede; praktyke en ruimtes; Suid-Afrika; verandering