“…As mens die gedig met aandag lees, is dit nie moeilik om raak te sien dat daar 'n tematiese ontwikkeling is van die algemene tot die besondere, of in die taal van die gedig self, van "kosmos" (die heelal: vv 2-7) tot "kneg" (individu, vv 12-14) nie. In die middel, tussen hierdie twee pole, naamlik die universele (vv 2-7) en die individuele (vv 12-15), duik 1 Buiten die kommentare, is die volgende studies, in kronologiese volgorde, die belangrikste wat al oor die interpretasie van Psalm 19 verskyn het: Schroeder (1914), Dürr (1927), Van der Ploeg (1963), Van Zyl (1966, Sarna (1967), Clines (1974), Loretz (1974), Fishbane (1979), Steck (1980), Gese (1982), Dohmen (1983), Fischer (1983, Meinhold (1983), Oesch (1985), Glass (1987), Herrmann (1987), Mays (1987), Deurloo (1989), Spieckermann (1989), Fisch (1990), Knierim (1991), Taylor (1993), Wagner (1999).…”