“…As gevolg daarvan is dit vir 'n groot aantal vaders nie moontlik om saam met hulle kinders te leef en om hulle te onderhou nie (Holborn & Eddy, 2011;Madhavan, Townsend, & Garey, 2008;Smit, 2004;Steyn, 1993). Mandara, Murray, and Joyner (2005) voer aan dat die nalatenskap van apartheid, werkloosheid, armoede en ongelykheid in postapartheid Suid-Afrika, geslagsongelykheid en MIV/VIGS, 'n nadelige impak het op gesinspraktyke en die betrokkenheid van vaders by hul kinders se lewens.…”