In Januarie 2015 het die Tilburgse geleerde en kenner van die Evangelie van Matteus, professor Wim Weren, die Universiteit van Pretoria as my gas besoek. By hierdie geleentheid is 'n simposium gereël om onder andere die fasette van die bydraes wat ons twee oor jare tot die interpretasie van Matteus gelewer het te bespreek. Nie net was dit 'n aanknopingspunt vir diepgaande besinning nie, maar ook geleentheid om van hierdie perspektiewe te herbesoek en die geldigheid daarvan aan die hand van ander Matteus-studies te toets. Weren se belangrikste bydraes is in verwerkte vorm aangebied in sy boek Studies in Matthew's Gospel: Literary design, intertextuality, and social setting (Weren 2014; kyk Van der Merwe 2015). My eie is in herverwerking reeds in twee ander Festschrifts gepubliseer, te wete dié te ere van prof dr Hermie C. van Zyl (kyk Van Aarde 2013) en dié ter ere van prof dr Fika J. van Rensburg (kyk Van Aarde 2016). Dit is 'n voorreg om die laaste deel in verwerkte vorm in die onderhawige bydrae ter ere van prof dr Jan G. van der Watt aan te bied. Waar die eerste verwerking op 'gemeenteteologie' en die tweede op 'intertekstualiteit' gefokus het, bied die derde 'n blik op my verstaan van Matteus se 'gerealiseerde eskatologie'.Die bedoeling van hierdie artikel is egter nie om vanuit bestaande Matteusnavorsing 'n bepaalde leemte in eksegete se interpretasie van Mattteus se verstaan van die eindtyd en die parousia te identifiseer en met nuwe navorsing te vul nie. Die artikel verteenwoordig dus nie 'n induktief-linêre argument wat positiwisties van 'n hipotese tot 'n gevolgtrekking uiteengesit is nie. Dit vertoon eerder die karakter van 'n mosaïek. Verskillende fasette in Matteus se narratief, boodskap, struktuur, karakterisering, tydsbegrip en tekstuele bronne kry aandag. Refleksie hierop in die artikel beoog nie 'n harmoniëring van hierdie fasette nie -fasette wat oënskynlik blyk uiteenlopend van aard te wees. In die mosaïek is daar wel 'n saambindende faktor. Die artikel het daarom as doel om aan te toon dat Matteus se 'gerealiseerde eskatologie' as 'gom' gesien kan word. Net soos gom 'n kunsmatige verwerking van plantmateriaal is, word eskatologie in hierdie studie gesien as 'n eksegetiese gedagtekonstruk van 'n teoloog wat kunstig die siening oor die 'voltooiing van tyd' vanuit Matteus as eerste-eeuse dokument eksposeer. Ander eksegete kan met die konstruk verskil en met 'n ander eksegetiese kunswerk vorendag kom. In hierdie artikel word eskatologie voorgestel as die gom wat Perspectives on the interpretation of the Gospel of Matthew. The article focuses on the interconnectedness between the notion eschatology and the Jesus profile in the Gospel of Matthew against the background of Donald Hagner and David Sim's respective views. It consists of a discussion of Matthew's messianic interpretation of Jesus. The presumption is that the concept 'messiah' conveys an eschatological connotation. The article argues that Matthew's messianism is an allusion to Second Baruch's apocalyptic messianism. From the perspective ...