The objective of this research was to determine the relationship between burnout, personality traits and coping strategies. A survey design was used. The study population consisted of 131 employees in a corporate pharmaceutical group. The Maslach Burnout Inventory, NEO Personality Inventory Revised and COPE were administered. Active coping strategies were associated with Emotional Stability, Extraversion, Openness to Experience and Conscientiousness, while passive coping strategies were associated with Neuroticism, low Agreeableness and low Conscientiousness. Emotional Stability, Extraversion, Openness to Experience, Agreeableness and Conscientiousness were associated with lower emotional exhaustion and depersonalisation and higher personal accomplishment. Constructive coping strategies were associated with personal accomplishment. Opsomming Die doelstelling van hierdie navorsing was om te bepaal of daar ’n verband tussen uitbranding, persoonlikheidstrekke en coping-strategieë bestaan. ’n Opnameontwerp is gebruik. Die ondersoekgroep het bestaan uit 131 werknemers van ’n korporatiewe apteekgroep. Drie vraelyste is gebruik, naamlik die Maslach-Uitbrandingsvraelys, die NEO Personality Inventory Revised en die COPE. Aktiewe coping-strategieë is geassosieer met Emosionele Stabiliteit, Ekstroversie, Openheid vir Ervaring en Konsensieusheid, terwyl passiewe coping-strategieë geassosieer is met Neurotisisme, lae Inskiklikheid en lae Konsensieusheid. Emosionele Stabiliteit, Ekstroversie, Openheid vir Ervaring, Inskiklikheid en Konsensieusheid is geassosieer met lae emosionele uitputting, lae depersonalisasie en hoë persoonlike bereiking. Konstruktiewe coping-strategieë is geassosieer met persoonlike bereiking.