KEY WORDS:Brazilian education system, BRICS countries education system, Indian education system, local education governance, Russian education system, Chinese education system, South African education system TREFWOORDE: Brasiliaanse onderwysstelsel, BRICS-lande-onderwysstelsel, Indiese onderwysstelsel, onderwysbeheer, plaaslike onderwysbeheer, Russiese onderwysstelsel, Chinese onderwysstelsel, Suid-Afrikaanse onderwysstelsel OPSOMMING Die doel van hierdie navorsing is om te bepaal hoe die aard en rol van onderwysbeheer in die vyf BRICS-lande (internasionale organisasie wat bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) gebruik kan word om mekaar tot voordeel te strek. Ten einde hierdie doel te bereik, word eerstens bepaal wat die aard en rol van onderwysbeheer op nasionale (makro-), provinsiale (meso-) en plaaslike (mikro-)vlak in die BRICS-lande behels en tweedens word die aard en rol van die onderwysbeheerstrukture van die BRICS-lande met mekaar vergelyk.