OPSOMMINGDie kompleksiteit en koste verbonde aan die gebruik van nywerheidspersele en besigheidsentrums, beter kommunikasie as gevolg van die elektroniese revolusie en die gebruik van rekenaars, die Internet en faksmasjiene, afskaling van poste en 'n behoefte aan beter diens, het gelei tot die onlangse oplewing in tuisondernemings. Die versoenbaarheid van sulke tuisondernemings en gesinsverantwoordelikhede het verder daartoe aanleiding gegee dat baie vroue hulle tot klerevervaardiging tuis gewend het.Die doel van die studie was eerstens om 'n verkennende, beskrywende ondersoek te loods na die gesinsomgewing waar daar kinders is asook die demografiese eienskappe in klerevervaardigingsondernemings tuis en tweedens om aspekte van die aanvang en funksionering van hierdie ondernemings te beskryf. 'n Gestruktureerde vraelys is by wyse van onderhoudvoering deur 'n gerieflikheidsteekproef van 50 vroue in klerevervaardigingsondernemings tuis voltooi.Die resultate het aangedui dat byna 75% van die respondente getroud was. Die meeste van hulle was ouer as 30 jaar, en 34% se jongste kinders was 19 jaar of ouer. Twee derdes het 'n kwalifikasie van matriek of laer behaal, en een derde het tersiêre kwalifikasies verwerf. Die meeste van hulle (86%) het geen formele bestuursopleiding ontvang nie, maar 62% het spesifieke opleiding op een of ander gebied van klerevervaardiging ondergaan. Die helfte van die respondente was 'n middelkind in hul gesinne, 56% se ouers het hulle eie sakeondernemings gehad, en 80% was van die middel sosiale klas afkomstig.Tipiese suksesfaktore in die literatuur wat in verband met klein ondernemings genoem word, is in hierdie studie ondersoek. Faktore soos goeie diens en menseverhoudings, produkte van hoë gehalte, selfdissipline en werkywer is as die belangrikste suksesfaktore in hierdie studiepopulasie geïdentifiseer. Enkele probleme wat genoem is, het die verkryging van kapitaal en krediet, 'n balans tussen gesinsverpligtinge en ondernemingseise, rekordhouding en finansiële bestuur ingesluit.Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat tuisklerevervaardigingsondernemings besondere voordele vir vroue met gesinne inhou. Tuisondernemings is meer lewensvatbaar weens die klein aanvangskapitaal wat vereis word asook die lae bokoste. Na aanleiding van die bevindinge is voorgestel dat vroue in tuisklerevervaardigingsondernemings meer formele bestuursen klerebedryfsopleiding behoort te ontvang. Die potensiaal vir tuisondernemings in Suid-Afrika is nog nie ten volle benut nie en bied dus goeie geleenthede vir werkskepping. -Prof AM van Aardt
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2024 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.