Background: Informal caregivers play an important role in the well-being of dependent members in a household. Yet, literature on female caregiver burden in low-income and middle-income countries is scanty. This study examines the socio-demographic and socio-economic determinants of female caregiver burden in Cape Town, South Africa. Methods: The cross-sectional study involved 100 black/African and 100 coloured female caregivers selected through a systematic random sampling procedure in two different cultural communities. The study instrument assessed caregiver burden with both objective and subjective measures through the use of a fully structured questionnaire. Chi-square tests and correlation analysis were used to examine the association between background characteristics and female caregiver burden. Results:The results showed that a large proportion of caregivers (49.5%) were in the age group of 50-59 years. The majority of the respondents were in care tasks as a full time job, providing more than 40 h of care per week. Statistical significant associations were found between the socio-demographic characteristics of female caregivers (such as age, education, population group and income status) and the physical health status of the care recipients. Further, physical health of care recipients and social grants showed strong, statistically significant positive correlations with caregiver burden. Conclusions: The study recommends the government to recognise the importance of physical health of the care recipients and increase the amounts of social grants to the caregivers since this could improve the standard of living of both the care recipients and caregivers.
OPSOMMINGDie vraag kan gevra word of die produksie van konynvleis 'n lonende mikro-besigheid kan wees. Vir die verbruiker hou dit voordele in: dit verskaf 'n gesonde vleisalternatief weens die relatief lae vetinhoud, gunstige vetsuursamestelling en hoë proteïeninhoud. Terselfdertyd bied dit afwisseling op die spyskaart. Data oor die faktore wat die potensiële verbruik van konynvleis in Suid-Afrika beïn-vloed, is nie beskikbaar nie. Ten spyte van allerlei soektogte op verskillende wetenskaplike databasisse, naamlik EbscoHost, FSTA, ProQuest, Religion Index, Science Direct en Social Sciences Citation Index, asook populêre soekenjins soos Google, is bykans geen literatuur gevind oor die assosiasies van individue met voedsel of met konyne en konynvleis nie, wel oor hulle houding jeens voedsel en hul persepsies van voedsel. Dit ly geen twyfel nie dat mense se assosiasies hul persepsies oor voedsel beïnvloed en, op die langtermyn, die aanvaarding van die produk op die mark. Derhalwe is die assosiasies met konyne en konynvleis ondersoek by drie etniese groepe, naamlik swart (n=101), wit (n=102) en bruin respondente (n=101) in Stellenbosch, Suid-Afrika. Daar is gebruik gemaak van 'n vooraf getoetste, gestruktureerde vraelys en daar word in die verslag oor vier kategorieë van vrae wat assosiasies met konyne en konynvleis ondersoek, gerapporteer, naamlik algemene gedagtes wat opkom by die respondent as die woord 'konynvleis' hom voordoen (oop vraag); beskrywings vir konynvleis ('n geslote vraag); landbouprodukte waarmee konynvleis geassosieer word (geslote vraag); en die vraag of bygelowe met konynvleis en konyne geassosieer word (geslote vraag) en, indien wel, is die respondente gevra om daarop uit te brei (oop vraag). Met behulp van chikwadraattoetse is vasgestel dat daar betekenisvolle verskille was tussen die verskillende etniese groepe in die verhouding van die response vir sekere (nie alle) assosiasies tot die getal response per etniese groep vir 'n bepaalde vraagkategorie.Voorbeelde van sodanige betekenisvolle verskille is dat 'n oorgrote proporsie blanke respondente konyne met 'n oulike troeteldier (p<0,01) en met die troeteldierbedryf (p<0,01) geassosieer het, terwyl meer swartes en kleurlinge dit met vleis geassosieer het (p<0,01). Daar was betekenisvolle verskille in proporsie binne die etniese groepe vir hulle assosiasie van konyne met bygelowe. Meer swartes (p<0,01) het konyne met bygelowe geassosieer.LC Hoffman, Charlyn Vosloo, P Nkhabutlane, De W Schutte 63In die konteks van volhoubare voeding vir plattelandse ondervoede gemeenskappe kan 'n tuisindustrie met konyne 'n geleentheid bied om probleme met wanvoeding aan te spreek, veral as in ag geneem word dat dit die swart respondente is wat konyne die meeste met vleis geassosieer het. Daar is egter sekere teelrisiko's verbonde aan so 'n tuisnywerheid. Tensy sterk en geslaagde bemarkingsaksies geloods word, kan 'n mikro-besigheid wat daarop gemik is om konynvleis te bemark as 'n ekonomiese risiko gesien word.
OPSOMMINGDie bemarking van konynvleis in ander lande het 'n verskuiwing ondergaan, van die verkoop van heel konynkarkasse tot die later ontwikkeling van die verkoop van konynvleis in porsies as 'n geriefsverpakking. Ander bemarkingsvraagstukke met betrekking tot konynvleis, byvoorbeeld of daar 'n mark daarvoor is, is nie ondersoek nie. In hierdie studie is die bemarkingspotensiaal van konynvleis ondersoek. Die beskrywende opnamemetode, wat gebruik maak van 'n gestruktureerde vraelys, is gebruik en toegepas op 304 respondente. Die gemiddelde waardes van faktore wat die bemarking en aankoop van konynvleis beïnvloed, is bereken. Dit was bepaal dat die mark vir konynvleis nog baie beperk is. Slegs 43% van die respondente wat wel konynvleis verbruikers is, het aangedui dat hulle een of twee keer per maand konynvleis sal wil eet, waarvan 29 swart, agt wit en 23 bruin respondente was. Die voorgenome frekwensie van inname van die res van die verbruikers van konynvleis was een of twee keer per jaar. Die resultate dui daarop dat respondente, wat verbruikers van konynvleis is, dit sou verkies om konynvleis in porsies (53%), eerder as die hele karkas te koop. Indien vars verkoop, sal dié porsies die bemarkbaarste wees. Varsheid is deur al die respondente, ongeag etniese groep, as die belangrikste kwalitatiewe eienskap van konynvleis beskou. Die meeste respondente het aangedui dat hulle die agter-en voorbeen, en borsgedeeltes as porsies sal verkies, met die agterbeen as die mees gewilde gedeelte en die borsgedeelte as die minste gewild. Die verskille wat waargeneem is in die opinies met betrekking tot die bemarking van heel karkasse, het aangedui dat die swart respondente die kop saam met die karkas sou wou koop. Die hoofrede vir dié voorkeur, is dat hulle wil seker maak dat die karkas wat aan hulle verkoop word, inderdaad dié van 'n konyn is, en nie van 'n kat nie.Die respondente wat verbruikers van konynvleis is, het aangedui dat hulle sou verkies om die aankoop van konynvleis te beperk tot supermarkte (41%), slagters (44%), jagters (30%) en restaurante (23%), eerder as om konynvleis van telers te verkry. Maksimum verkope van konynvleis kan bereik word deur 'n manipulasie van die verkoopprys. Resultate het aangedui dat die meeste respondente (61%) sou verkies om konynvleis teen 'n prys laer as dié van hoender aan te koop, terwyl 37% gewillig sou wees om meer vir konynvleis as vir hoender te betaal. Die verwagtinge en voorkeure van die verskillende respondente met betrekking tot konynvleis is 'n belangrike faktor wat in gedagte gehou moet word by die bemarking daarvan. Blanke responden-26 te het aangedui dat hulle die vleis van maer, jong (sagte) konyne sal verkies, terwyl swart respondente aangedui het dat hulle 'n voorkeur sou hê vir vetterige, taaier konynvleis.-Prof LC Hoffman
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2024 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.