OPSOMMINGDie doel van hierdie artikel is om die bevindinge van 'n empiriese ondersoek te rapporteer wat uitgevoer is om vroulike verbruikers se aankoopbesluite vir 'n kledingstuk te ontleed wat gebaseer is op die waarde wat hulle aan sekere eienskappe van die produk heg. Alhoewel menige studies in die verlede verbruikers se houdings jeens produkte en hul eienskappe gemeet het, is die moontlikheid van die effek van interaksie tussen die attribute oorgesien. In die Suid-Afrikaanse konteks het die literatuurstudie getoon dat daar 'n behoefte is aan 'n studie om te bepaal wat die waarde is wat vroulike verbruikers aan sekere produkeienskappe heg voordat aankoopbesluite gefinaliseer word.'n Vraelysopname is as primêre data-insamelingsmetode gebruik waartydens die respondente versoek is om aan te toon wat hul voorkeure is vir dertig gepaarde kombinasies van die produk en sy eienskappe. Hierdie studie het op vier eienskappe, naamlik handelsmerk, styl, kleinhandelaar en prys gefokus. Hipoteses is geformuleer en voorkeurkeuse-ontleding ("conjoint analysis") is vir die ontleding van data gebruik. Die bevindinge toon aan dat daar beduidende verskille is in die waardes wat vroulike verbruikers heg aan die eienskappe van 'n kledingstuk voordat aankoopbesluite geneem word.-Prof E North
A steady stream of research over the past few decades has focused on store and shopping mall patronage and consumers' associated enjoyment of the shopping experience. Based on previous research, the sources of shopping enjoyment were identified as shopping to socialize, shopping for bargains, shopping for gratification, shopping for entertainment, shopping for others, shopping to browse, shopping for exercise and shopping for sensory stimulation. The objective of this study was to investigate gender differences in the sources of shopping enjoyment. Data were collected through self-administered questionnaires distributed at a large metropolitan shopping centre in the eastern suburbs of Pretoria. The findings indicate significant gender differences on all the sources of shopping enjoyment except 'shopping for entertainment'. This study contributes to the current literature and provides valuable information to South African retailers, specifically with regard to marketing and promotional strategies aimed at male and female shoppers separately. Suggestions for future research are offered.
OPSOMMINGWeinig navorsing oor die rol en invloed van sosialiseringsagente op die verbruikersgedrag van kinders is tot op hede in Suid Afrika onderneem. Alhoewel bemarkers bewus is van die potensiële koopkrag van kinders en veral wat hul invloed op verbruikersbesluitneming in die gesin is, blyk dit dat hulle nog nie die jeugmark as 'n volwaardige mark beskou wat navorsing regverdig nie. Die doel van hierdie artikel is om die bevindinge van 'n empiriese ondersoek oor die rol wat ouers en televisie-advertensies in die verbruikersosialisering van kinders speel, weer te gee.Die gebrek aan plaaslike navorsing op hierdie terrein het 'n uitgebreide literatuurstudie vereis wat as teoretiese fundering kon dien om die aard en prosesse van die verbruikersosialisering van kinders te beskryf. Die primêre data vir die navorsing is verkry deur 'n vraelysopname wat deur 226 hoërskoolleer-linge voltooi is.Die bevindinge van die studie toon dat die ouers 'n baie belangrike sosialiseringsagent in die verbruikersopleiding van kinders is. Jong adolessente besef dat hul ouers se opinies en leiding rondom die moontlike invloede van televisie-advertensies op hul aankoopbesluite nie onderskat kan word nie. Die studie onderstreep die behoefte daaraan om meer navorsing ter plaatse in die veld te doen. Benewens die ouers en die media, behoort navorsing ook oor die rol wat ander sosialiseringsagente soos die skool en verkoopspersoneel in die verbruikersopvoeding van kinders speel, onderneem te word.
OPSOMMINGAkademiese navorsers en praktisyns verskil wanneer dit by die klassifikasie, waarde en gebruike van eksperimente as 'n bron van primêre data kom. 'n Eksperimentele ontwerp word as een van vier voorwaardes vir 'n kousale navorsingsontwerp beskou. Die eksperiment kan verskeie vorme aanneem, en in die veld of in 'n laboratorium uitgevoer word. Sommige navorsers beskou voorkeurkeuse ontleding (conjoint analysis) as 'n spesiale tipe eksperiment wat normaalweg in 'n laboratorium plaasvind.As 'n navorsingsmetode behels voorkeurkeuse ontleding in wese dat die utiliteitswaarde wat verbruikers aan sekere vlakke of kombinasies van die eienskappe van produkte en dienste toeken, afgelei word. Navorsers en bemarkers kan deur middel van so 'n voorkeurkeuse studie byvoorbeeld 'n beter begrip ontwikkel van die werklike waarde wat verbruikers aan produkeienskappe heg wanneer aankoopbesluite geneem moet word.Die primêre doel van die artikel is om 'n teoretiese oorsig van die aard van voorkeurkeuse ontleding as 'n navorsingsmetode te gee, en die waarde wat dit vir navorsers in die bemarkings -en verbruikerswetenskapvelde inhou, toe te lig. Onlangse studies sal vermeld word, en die proses om 'n voorkeurkeuse ontleding te onderneem, sal aandag geniet. -Prof EJ North
This article reviews how South African marketers portray children in magazine advertisements in two very distinct periods in the country's history, namely before and after the ANC government came into power in 1994. A longitudinal study (over a 17 -year period) was conducted to determine the incidence, and how marketers in the new South Africa depict children of different races in full page magazine advertisements. The relevance of the findings for South African marketers is highlighted and suggestions for further research are proposed. Hierdie artikel gee 'n oorsig van die gebruik van kindermodelle in tydskrif-
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2024 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.