Een van die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030 (NOP) se doelwitte is om ’n veerkragtige teenkorrupsiestelsel daar te stel deur die huidige multi-agentskapbenadering te versterk. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of hierdie doelwit teen 2030 bereik sal word en of om bloot die huidige benadering te versterk bevredigend is om die doelwit teen 2030 te bereik. Hierdie dokumentanalise sal bydra tot die bestaande literatuur aangesien min inligting rakende die haalbaarheid van die NOP se teikens met betrekking tot teenkorrupsiestrategieë gevind kon word. Die NOP weerspieël die toekoms van teenkorrupsiestrategieë en moet noukeurig oorweeg word, en teikens om dit te bereik moet voortdurend hersien word. Die ontleding van die onderliggende teikens om die hoofdoelwit te bereik, is van kardinale belang in die proses om ’n veerkragtige teenkorrupsiestrategie te vestig. Hierdie literatuurstudie ondersoek vier sekondêre doelwitte om die huidige benadering te versterk. Hierdie dokumentanalise het bevind dat die enigste aangeleentheid wat vordering toon, die bewusmaking van die publiek oor korrupsie en die daarstel van korrupsie-aanmeldkanale is. Ironies genoeg is hierdie funksie doeltreffend bestuur deur ’n nieregeringsorganisasie, Corruption Watch. Daar is ook bevind dat slegs minimale vordering gemaak is en dat die blote versterking van die multi-agentskapbenadering nie daartoe sal bydra om die NOP se teikens teen 2030 te bereik nie. Daarom moet Suid-Afrika eerder alternatiewe, soos die daarstel van ’n gesentraliseerde eenheid, oorweeg in plaas van volgehoue pogings om ’n gebrekkige teenkorrupsiestelsel te versterk. Die Zondo-kommissie kan moontlik as ’n nuttige voorbeeld dien om hierdie doelwitte te bereik en korrupsie doeltreffend teen te staan. Trefwoorde: enkelagentskapbenadering; kundigheid; multi-agentskapbenadering; onafhanklikheid; openbare bewusmaking; politieke wil; teenkorrupsiestrategieë
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.