Sowat 90% van die jaarlikse Suid-Afrikaanse koringoes word vir broodbakdoeleindes gemaal. Die maaleienskappe van koring dui op die hoeveelheid meel verkry, terwyl die mengeienskappe op die deegontwikkelingsvermoe fokus. Daar bestaan dus 'n behoefte om produksiegebiede en kultivars volgens hierdie ekonomiese eienskappe te klassifiseer. Sewe lentekoringkultivars is op nege lokaliteite oor die periode van 1992 tot 1995 verbou. Dieselfde produksietegnieke is op aile lokaliteite toegepas. Die invloed van kultivar, omgewing en kultivar x omgewingsinteraksie op meelblomekstraksie, valgetal, gluten, mixogram-mengtyd, -piekhoogte enbandbreedte is met behulp van AMMI (Additive Main Effects and Multiplicative Interaction) analises ondersoek. Uit die resultate blyk dit dat omgewing die belangrikste faktor is wat variasie in die eienskappe veroorsaak. Ten opsigte van meelblomekstraksie is geen betekenisvolle kultivar x omgewingsinteraksie gevind nie. Die betekenisvolle genetiese variasie vir meelblomekstraksie tussen kultivars was slegs 2.5%, teenoor die 68.7% bydrae van omgewing (Iokaliteit en jaar). Betekenisvolle kultivar x omgewingsinteraksie is wei ten opsigte van valgetal, gluteninhoud, mengtyd, piekhoogte en bandbreedte gevind. Kultivars soos Palmiet en Adam Tas het groot interaksies vir veral valgetal en gluten getoon. Die voorspelling van valgetal en gluten vir hierdie kultivars is dus 'n onrealistiese opsie. Groot kultivar x omgewingsinteraksie vir SST 55, Nantes en tot 'n mindere mate SST 16 en SST 66 ten opsigte van mengtyd, piekhoogte en bandbreedte het voorgekom. Kultivarreaksie mag dus van jaar tot jaar op dieselfde lokaliteite verskil. Kartering van gebiede en klassifikasie van kultivars ten opsigte van hierdie eienskappe was onmoontlik.Approximately 90% of the annual wheat crop produced in the Republic of South Africa is milled into flour for bread-baking purposes. The percentage of flour extracted, as well as the dough development properties, determine the milling and dough mixing characteristics. In an increasingly deregulated market environment, these quality characteristics largely determine the price of the wheat. The ability of cultivars and localities to produce high quality wheat grain must, therefore, be classified. Seven spring wheat cultivars were grown at nine localities for the period 1992 to 1995. Similar production practices were followed at all localities. AMMI (Additive Main Effects and Multiplicative Interaction) analyses were used to describe the effect of cultivar, environment and their interaction on flour extraction yield, Falling Number, gluten, as well as Mixograph dough development time, peak height and band width. Environment was found to be the most important contributor to variance for all characteristics determined. No significant cultivar x environment interaction was found for flour extraction yield. Cultivar as a main effect contributed only 2.5% to the variation in flour extraction, while that of environment was 68.7%. Significant cultivar x environment interactions were found...
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.