INLEIDING"Sukses" word gemeet aan die effektiewe bydrae wat elkeen maak ter bevordering van die funksionering van sy/haar werk, gesin en die breë gemeenskap (Burud & Tumulo, 2004:31; Cascio, 2003:31,672).In die hedendaagse samelewing streef mense toenemend na 'n sinvolle betrekking wat uitdagings en geleenthede bied om uitdrukking aan hul talente te gee. Hoewel daar meer waarde aan 'n gebalanseerde lewe geheg word, waarbinne die loopbaan én die gesin hul regmatige deel kry, slaag werkende mense nie noodwendig in die handhawing van die genoemde balans nie.Hoewel werkgewers neig om aspekte van gehalte, produktiwiteit, en dienslewering aan te spreek, ignoreer hulle dikwels die impak van stres op die werknemer, terwyl stres ooglopend 'n saak is wat aangespreek behoort te word. Werkgewers huldig dikwels die mening dat werknemers self die balans in hul lewens moet handhaaf (Kenny, 2000:380;Steenkamp & Van Schoor, 2002:ix) en word die werknemer se reaksie op die voortdurend veranderende werksomgewing (Jansen, 2002:160; Sithole, 2002:21) en gepaardgaande stressore as die bepalende faktore beskou in die bereiking van gesondheid en welstand aldan nie. Van die werknemer word verwag om balans te bewerkstellig tussen die verskillende eise wat aan hom gestel word in die werk-gesin interaksie ten einde te voorkom dat gemelde veranderinge aanleiding gee tot 'n streservaring wat die werknemer se gehalte van werklewe negatief beϊnvloed (Barling, 1995:20-21; Claassen, Schepers & Roodt, 2004:83; Frone, 2003:145; James & Arroba, 1999:29; Kenny, 2000:384).In hierdie artikel word 'n literatuuroorsig verskaf en geïntegreer met die navorsingsbevindige soos uit die oorspronklike studie verkry, waarna dit opgevolg word met die aanbevelings en die slotopmerking. Die kwantitatiewe navorsingsbenadering is as aangewese benadering en die aangepaste "ASSET"-posvraelys (Babbie, 2007:298; Cartwright & Cooper, 2004:120; Neuman, 1997:31) as geskikte data-insamelingsmetode vir die studie geïdentifiseer en aangewend. Die ondersoek is by 'n groot tersiêre opleidingsinstelling in Suid-Afrika, onderneem. Die waarskynlikheidseleksie proporsioneel-gestratifiseerde steekproef (Babbie & Mouton, 2006:191), is gebruik in die seleksie van respondente vanuit die twee gekose fakulteite ten einde ondersoek in te stel na die aard, omvang en impak van stres op die GWL van werknemers aan die betrokke tersiêre opleidingsinstelling. Die populasie het uit 760 personeel bestaan (593 akademiese personeellede en 167 nie-akademiese personeel). Driehonderd (300) vraelyste is in elk van die twee fakulteite versprei om 'n steekproefgrootte van 600 te verkry. 'n Totaal van 114 (19%) vraelyste is terug ontvang, wat 81 akademiese personeellede en 33 nieakademiese personeellede vanuit beide fakulteite ingesluit het.In die artikel fokus die outeurs slegs op drie kernaspekte van die navorsingsbevindinge, naamlik stressimptome, werklading en faktore wat stres by werknemers veroorsaak, wat geïntegreerd met die literatuur aangebied word. Die meerderheid respondente wat aan die s...
INLEIDING Stevens (2004:5) merk tereg op dat "employees are essentially corporate athletes and we have to keep them healthy and in peak performance on the playing field of the workplace". Stevens beklemtoon die belangrikheid van gesonde en stresvrye werknemers as belegging in die toekoms en sukses van enige organisasie.Globalisering, tegnologie, en regeringsbeleid het bygedra tot die onsekerheid en wisselvalligheid in die wêreld van werk. Die organisasie se antwoord hierop is een van herstrukturering en die ontwikkeling van buigsame operasionele en werkverskaffingspraktyke. Volgens Grimshaw (1999:32) is die belewenis van stres nie negatief nie, aangesien die elemente noodsaaklik is vir die individu om binne die werksomgewing, soos voorgehou, te ontwikkel en groei. Organisasies is voortdurend besig om te verander en aan te pas by die algemene korporatiewe klimaat, tegnologiese ontwikkeling, en industrie-spesifieke vooruitgang. Alle aanpassings en veranderinge het 'n direkte invloed op die werksituasie, deurdat die rolle van werknemers by die veranderinge moet aanpas (Hoel, Sparks & Cooper, 2005:7). Die veranderende werksomgewing en -omstandighede het uiteindelik 'n effek op die individu. Die werknemer se persoonlikheid en streshanteringsvaardigheid is bepalend vir sy belewenis van gehalte van werklewe. Schell (1997:ix) meld dat die sleutel tot langtermyn-oorlewing in die werkplek gesetel is in die feit dat werknemers stres verstaan en besef wat die oorsaak, simptome, en effek daarvan op die individu en uiteindelik die organisasie as geheel is. 'n Effektiewe stresbestuurprogram moet aan die werknemers gebied word ten einde die werknemer te bemagtig om op die langtermyn, gunstige vlakke van stres te handhaaf en organisasies daardeur bevoordeel.Werkstres, en die impak daarvan op die werknemer en die organisasie, is 'n omvangryke probleem en vanuit die literatuur is dit duidelik dat die impak wat stres op die gehalte van werklewe van individue het, nie net nadele vir die individu inhou nie, maar ook negatief op die organisasie as geheel impakteer. Die statistiek het ook aangedui dat negatiewe GWL 'n probleem van groot omvang blyk te wees, en dat werkplek-gebaseerde intervensieprogramme die aangewese medium is om deur geskikte programme die GWL van werknemers te verbeter. Studies wat onderneem is, dui aan dat daar 'n groeiende tendens met betrekking tot sukses en effektiwiteit in organisasies se Stresbestuursprogramme (SBP) bestaan, veral binne werkplekgebaseerde intervensieprogramme. Die bevindinge dui daarop dat 'n organisasie wat 'n interne intervensieprogram aanbied, 'n afname in afwesigheid van 60% in een jaar aangeteken het (Clarke & Cooper, 2000:173; Mayer, 2001:113). Werkplek-gebaseerde intervensieprogramme is in die unieke posisie dat direkte intervensie aan werknemers, wat stres ervaar, aangebied word. Direkte intervensie behels onder andere die fasilitering van Stresbestuursprogramme.Hierdie artikel verskaf 'n literatuuroorsig wat geintegreer word met die navorsingsbevindinge soos uit die studie verkry, ...
'n Evaluering van die welstand onder werknemers van 'n mediesefondsmaatskappy in Suid-AfrikaRead online:Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.Huidige navorsing op die gebied van welstand in die werkplek is gefragmenteer en vereis 'n holistiese, geïntegreerde en stelselmatige begrip van werknemerwelstand sodat gesondheiden welstandsorg doeltreffend bestuur kan word. Die toenemende las van nie-oordraagbare toestande in Suid-Afrika beklemtoon die noodsaaklikheid van voorkomingstrategieë soos welstandprogramme. Die werkomgewing bied 'n ideale plek, aangesien 'n groot deel van die bevolking geteiken word, insluitende diegene wie se lewenstyl verbeter moet word. Hierdie studie is dus daarop gemik om verskeie gesondheid-en welstandkomponente onder werknemers van 'n mediesefondsmaatskappy te evalueer in 'n poging om risikogebiede te identifiseer wat verdere ingryping vereis. Die deelnemers het bestaan uit 140 werknemers van 'n mediesefondsmaatskappy wat ten minste 40 h per week werk. Hulle is onderwerp aan 'n welstandassesseringsbattery bestaande uit antropometrieke, gesondheidverwante en fisieke kapasiteitmetings. Die resultate toon dat ingryping nodig is betreffende alkohol-en dwelmgebruik, dieetgewoontes, hartgesondheid, liggaamsamestelling, spieruithouvermoë, kardiorespiratoriese uithouvermoë en individuele persepsies van die maatskappy. Dié studie het resultate opgelewer wat die bevindings van baie vorige navorsing op hierdie gebied staaf. Die trefwydte van welstandprogramme op die Suid-Afrikaanse bevolking is egter beperk. Die sukses van welstandprogramme wat fisieke aktiwiteit beklemtoon, is goed gedokumenteer in hoë-inkomstelande, met bewys van die ekonomiese voordele en opbrengs op belegging. Gevolglik word daar aangevoer dat die toepassing van welstandprogramme 'n positiewe uitwerking op die Suid-Afrikaanse werkmag sal hê. An evaluation of the state of wellness amongst medical aid company employees in SouthAfrica. Current research in the area of wellness in the workplace is fragmented and requires a holistic, integrated and systemic understanding of employee wellness in order for health and wellness care to be effectively managed. The growing burden of noncommunicable conditions in South Africa highlights the necessity for prevention strategies such as wellness programmes to be implemented. The workplace provides an ideal setting as a large proportion of the population will be targeted, including those who require lifestyle improvement. Therefore this study sought to evaluate various health and wellness components among employees of a medical aid company in an attempt to identify risk areas which require further intervention. Participants were 140 employees of a medical aid company who work a minimum of 40 h per week and who were subjected to a wellness assessment battery, consisting of anthropometrical, health-related and physical capacity measurements. The results indicate that intervention is required in terms of alcohol and drug usage, dietary habits, heart health, body co...
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2025 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.