Two men visited our Emergency Room because of a water-ski-accident. At physical examination, there was hematoma at the upper leg with loss of strength at extension of the hip and flexion of the knee. Both patients had a palpable gap just distal of the ischial tuberosity. Further imaging by sonography and MR-scan showed a rupture of the proximal hamstring tendon. Treatment was operative refixation of the hamstring tendons at the ischial tuberosity. Aftertreatment consisted of brace for 4 weeks after operation. Both patients returned to their pre-operatively sports, though at a lower level. Surgical treatment of a complete proximal rupture of the hamstrings is recommended in case of sportive patients.
Die wêreldwye globaliseringsproses het in die afgelope paar dekades ’n nuwe verskynsel aan die lig gebring, naamlik lokalisering. Die herontdekking en ontwaking van plaaslike waardes, plaaslike kultuur, plaaslike identiteite, en dan ook plaaslike taalverskynsels, is aan die toeneem. Dit is daarom dan ook nie verrassend nie om die nuwe selfbewustheid van Kaaps en Gariepafrikaans (waaronder Namakwa en Griekwa) as niestandaardpraatvariante van Groter Afrikaans waar te neem in byvoorbeeld publikasies soos Kaaps in fokus (2016) en Ons kom van vêr (2016). Dit gee egter aanleiding tot die volgende vraag: Wat is die spesifieke verhouding tussen Standaardafrikaans en sy sogenaamde niestandaardpraatdialekte? Is hulle regtig dialekte? Indien nie, wat is hulle dan? Wat bedoel ons as ons praat van variante? In hierdie artikel gaan ek kyk na dialektologie en veral na die teorie van taalekologie, om die gesprek oor die aard en wese van die Afrikaanse variëteitebundel verder te voer en om veral te kyk na die onderlinge verhouding tussen die verskillende variante met betrekking tot taalontwikkeling. Vanuit die benadering van taalekologie probeer ek aantoon dat standaardisering nie noodwendig die uitsluitlike reg en voorreg van één variant hoef te wees nie, maar dat ruimte geskep kan word vir die ontwikkeling van die ander variante binne die taalbundel vir sovêr hulle sprekers dit wil neem. Daar is verskeie maniere om hierdie taalontwikkeling aan te pak. Een moontlikheid is om een of twee van die groter variante te ontwikkel en ’n status van sy eie te laat kry náás Standaardafrikaans. Dit is hier waar ’n moontlike Bybelvertaling in Kaaps dan dalk tog nie vêrgesog sal wees nie. Ek bespreek dan spesifiek die voordele en meganismes van ’n voorlopige orale Bybelvertaling in ’n aanvangsprojek wat ’n direkte aansluiting kan vind by die praattale binne die variëteitebundel. Trefwoorde: Afrikaans; Bybelvertaling; ekolinguistiek; Kaaps; sosiolinguistiek; taalkunde; taalontwikkeling; taalstandaardisering; taalvariëteite
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.