Prebiotics: an update OpsommingEen van die opwindendste tendense in die hedendaagse voedselbedryf is die soeke na funksionele voedsels, oftewel voedsels wat gesondheid bevorder en/of die risiko vir chroniese siektes verlaag, bo en behalwe die voedingswaarde daarvan. In hierdie opsig speel probiotika en prebiotika 'n belangrike rol. Probiotika (voedsels wat lewendige mikrobes bevat) is alombekend en word geassosieer met 'n hele aantal gesondheidsvoordele. Prebiotika (selektief gefermenteerde voedselbestanddele wat die samestelling en/of aktiwiteit van gastro -intestinale mikroflora verander tot voordeel van die gasheer se gesondheid en welsyn) is 'n meer onlangse konsep, gedefinieer in 1995. Hierdie artikel gee 'n oorsig van die jongste navorsing oor die gesondheidsvoordele van prebiotika en daar word kortliks verwys na die tegnologiese voordele daarvan in voedselformulerings. Die meeste van die navorsing is gedoen met die fruktosepolimere inulien en frukto-oligosaggariede, wat in hierdie artikel as voorbeelde van prebiotika gebruik word. Inulien en frukto-oligosaggariede is funksionele voedselbestanddele wat 'n unieke kombinasie van voedingkundige eienskappe en tegnologiese voordele bied. Dit kom voor in verskeie groentes en vrugte en word industrieel uit sigoreiwortels en sukrose vervaardig. Selektiewe fermentering daarvan moduleer gastro-intestinale mikroflora in so 'n mate dat dit hardlywigheid kan verlig, mineraalabsorpsie kan verbeter, kanker kan voorkom en lipiedmetabolisme en die immuunstelsel voordelig kan beïnvloed. Verdere navorsing is egter nodig om sodanige aansprake te bevestig en meganismes van werking op te klaar. -Dr CS Venter
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2025 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.