Homophobia and heterosexism. The article investigated phenomena such as fear, aversion and hatred as a result of heterosexism and homophobia. This is done from three angles. The first is that of the individual relationship with the Other. The second is a reflection on prejudice concerning homosexuality in the context of a cultural, social and religious environments. Perceptions with regard to sexuality and power are the result of social constructions. These two perceptions influence relationships. The third angle concerns individual reactions to fear as emotion and affect. The article considered a contra discourse to redress aversion and hatred. It argued that a shift should take place from being a perpetrator to being tolerant and from being a victim to becoming an agent of hope.
Homofobiese diskoerseDie veelvlakkige teenwoordigheid van homofobiese diskoerse 1 in die samelewing word nie maklik tot niet gemaak nie, 2 want dit dien magsbelange. Enige poging tot verandering sal daarom sterk teengestaan word (vgl. Dreyer 2006a:454). Volgehoue bewusmakingsveldtogte is nodig om verdraagsaamheid en aanvaarding in die samelewing te bevorder. In 'n voorafgande artikel (Le Roux & Dreyer 2013) is reeds daarop gewys dat die sielkundige, George Weinberg die term homofobie in 1967 vir die eerste keer gebruik het. Aanvanklik het dit verwys na 'n vrees van heteroseksuele persone dat ander mense mag dink dat hulle homoseksueel is. Met die skep van die term homofobie, het Weinberg die weg gebaan vir studies wat nie alleen opnuut na konsepte van seksualiteit en geslagsrolle in terme van homoseksualiteit ondersoek instel nie, maar ook na die eksterne faktore wat 'n invloed op die ontwikkeling en verspreiding van homofobiese sentimente het. Herek (2004) haal Weinberg as volg aan:I coined the word homophobia to mean it was a phobia about homosexuals ... It was a fear of homosexuals which seemed to be associated with a fear of contagion, a fear of reducing the things one fought forhome and family. It was a religious fear and it had led to great brutality as fear always does. (bl. 7) Die term fobie dui op 'n irrasionele vrees; dus sou die letterlike interpretasie van homofobie op die irrasionele vrees van homoseksuele persone dui (Dreyer 2006b:168). Weinberg se gebruik van hierdie term dui egter op meer as net 'n vrees, omdat dit dikwels op geweld, die ontneming van waardigheid en uiteindelike afsondering of skeiding van groepe uitloop (Dreyer 2006a:446). Weinberg assosieer sy term met 'n vrees in soverre dit met die vermydingsreaksie, 3 wat daardeur ontlok word, ooreenstem (Herek 2004:9-10). Psigiatriese navorsing kon egter tot dusver nie bevestig dat homofobie as 'n kliniese fobie (soos 'n vrees vir hoogtes) geklassifiseer kan word nie (cf. Kite 1994:27-28).Die nagevolge van homofobie kan, soos wat dit parallel met die ontwikkeling van die seksualiteitsbegrip plaasgevind het, uitgewys word. Gedurende elke tydperk van die mensdom se geskiedenis is die homoseksuele persoon te nagekom, gemarginaliseer, verwerp, vervolg en selfs ter doo...