Archaeology of homophobia: Building blocks of power. The article investigates presentday discourses which demonstrate coercive power with regard to sexuality according to which people are attributed an identity. Such hegemony restricts existential authenticity. The article shows that, although sexual minorities could have public rights according to constitutional law, they still experience marginalisation because of victimisation on account of a heteronormative societal discourse. The article consists of an introductory section in which Michel Foucault's notion of 'the archaeology of knowledge' is used to explore levels of perceptions in society which illustrate perceptions and ideas on homophobia. The first section focuses on the phenomenon of stigmatisation. The second section describes the process of stereotyping taboos that result in the phenomenon of internalised homophobia. The article concludes with a deconstruction of homophobia by emphasising the recognition of the Other by means of a contradiscourse to heteronormativity. Isitabane -Die probleem van stigmatiseringDie argeologie van diskoerse in die samelewing ten opsigte van homofobie word in hierdie artikel ondersoek met behulp van die metodologie wat Michel Foucault (1972) gebruik het in sy werk, The archaeology of knowledge. Dit is 'n ondersoek na die strata van persepsies en idees oor homofobie, 'n verskynsel wat aangetref word in 'n heteronormatiewe samelewing. Soos wat ontdekkings in argeologiese opgrawings insigte verleen ten opsigte van sekere kultuurgebruike in 'n spesifieke tyd, so kan 'n ondersoek na die diskoerse ten opsigte van homoseksualiteit en die fenomeen van homofobie lig werp op die ontwikkelingsprosesse wat gelei het, en steeds lei, tot die meesternarratiewe in die samelewing en kerk.Suid-Afrika het een van die mees progressiewe grondwette wat die regte van seksuele minderhede beskerm, 'n grondwet wat ontstaan het uit die ideale van die post-apartheidsera en in die gees van ubuntu, 1 met menslike waardigheid, gelykheid en vrede as grondslag (Van Niekerk & Wildeboer 2009:173). Ten spyte van 'n hoë mate van grondwetlike beskerming word homoseksuele persone egter steeds na die rand van sosiale en godsdienstige kringe, asook die werkplek uitgeskuif. Sommige skole en kerkgroepe propageer dat homoseksuele mense van hulle homoseksualiteit 'genees' kan word (vir hierdie tendens, kyk bv. News24 13 Januarie 2013). Homoseksuele persone is soms die teiken van geweldpleging en gevalle van 'regstellende verkragting'. Die doel van die geweld is om hulle tot normatiewe seksualiteit te dwing (Wells & Polders 2006:20-22).Die sosiale verskynsel van homofobie kan toegeskryf word aan 'n verskeidenheid faktore, wat wissel van fundamentalistiese geloofsopvattings tot algemene wanopvattings oor homoseksualiteit. 'n Psigologiese oorsaak is dat sommige mense ongemak ervaar wanneer hulle meen dat tradisionele geslagsrolle in gedrang kom. In Swart of Afrika-kulture word homoseksualiteit dikwels beskou as die gevolg van Westerse invloede, wat derhalwe uit die ...
Homophobia and heterosexism. The article investigated phenomena such as fear, aversion and hatred as a result of heterosexism and homophobia. This is done from three angles. The first is that of the individual relationship with the Other. The second is a reflection on prejudice concerning homosexuality in the context of a cultural, social and religious environments. Perceptions with regard to sexuality and power are the result of social constructions. These two perceptions influence relationships. The third angle concerns individual reactions to fear as emotion and affect. The article considered a contra discourse to redress aversion and hatred. It argued that a shift should take place from being a perpetrator to being tolerant and from being a victim to becoming an agent of hope. Homofobiese diskoerseDie veelvlakkige teenwoordigheid van homofobiese diskoerse 1 in die samelewing word nie maklik tot niet gemaak nie, 2 want dit dien magsbelange. Enige poging tot verandering sal daarom sterk teengestaan word (vgl. Dreyer 2006a:454). Volgehoue bewusmakingsveldtogte is nodig om verdraagsaamheid en aanvaarding in die samelewing te bevorder. In 'n voorafgande artikel (Le Roux & Dreyer 2013) is reeds daarop gewys dat die sielkundige, George Weinberg die term homofobie in 1967 vir die eerste keer gebruik het. Aanvanklik het dit verwys na 'n vrees van heteroseksuele persone dat ander mense mag dink dat hulle homoseksueel is. Met die skep van die term homofobie, het Weinberg die weg gebaan vir studies wat nie alleen opnuut na konsepte van seksualiteit en geslagsrolle in terme van homoseksualiteit ondersoek instel nie, maar ook na die eksterne faktore wat 'n invloed op die ontwikkeling en verspreiding van homofobiese sentimente het. Herek (2004) haal Weinberg as volg aan:I coined the word homophobia to mean it was a phobia about homosexuals ... It was a fear of homosexuals which seemed to be associated with a fear of contagion, a fear of reducing the things one fought forhome and family. It was a religious fear and it had led to great brutality as fear always does. (bl. 7) Die term fobie dui op 'n irrasionele vrees; dus sou die letterlike interpretasie van homofobie op die irrasionele vrees van homoseksuele persone dui (Dreyer 2006b:168). Weinberg se gebruik van hierdie term dui egter op meer as net 'n vrees, omdat dit dikwels op geweld, die ontneming van waardigheid en uiteindelike afsondering of skeiding van groepe uitloop (Dreyer 2006a:446). Weinberg assosieer sy term met 'n vrees in soverre dit met die vermydingsreaksie, 3 wat daardeur ontlok word, ooreenstem (Herek 2004:9-10). Psigiatriese navorsing kon egter tot dusver nie bevestig dat homofobie as 'n kliniese fobie (soos 'n vrees vir hoogtes) geklassifiseer kan word nie (cf. Kite 1994:27-28).Die nagevolge van homofobie kan, soos wat dit parallel met die ontwikkeling van die seksualiteitsbegrip plaasgevind het, uitgewys word. Gedurende elke tydperk van die mensdom se geskiedenis is die homoseksuele persoon te nagekom, gemarginaliseer, verwerp, vervolg en selfs ter doo...
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.
customersupport@researchsolutions.com
10624 S. Eastern Ave., Ste. A-614
Henderson, NV 89052, USA
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.
Copyright © 2024 scite LLC. All rights reserved.
Made with 💙 for researchers
Part of the Research Solutions Family.