How to cite this article: Franken, C., 2012, 'Paulus se hantering van eksterne stressors, en die verhouding tussen identiteit, etiek en etos in Filippense', HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 68(1), Art. #1148, 11 pages. http:// dx.doi.org/10.4102/hts. v68i1.1148
Paulus se hantering van eksterne stressors, en die verhouding tussen identiteit, etiek en etos in FilippensePaul coping with external stressors: Exploring the relationship between identity, ethics and ethos in Philippians. Stress is one of the most prominent sicknesses of the third millennium. This article used the external categories of stress and the heuristic ethical indicators (identity, ethics and ethos) to determine why Paul lived with joy despite of his stressful circumstances. As for people sharing the same Christian identity of the first followers of Jesus, this should be of real significance to the situation of stress in the third millennium. (2009:24) het na stres verwys as 'die groot siekte van millennium drie'. Teen hierdie agtergrond sal hierdie artikel die volgende probleemstelling ondersoek: Kan Paulus se skrywe aan die Filippense die Christen in millennium drie help om stres sinvol te deurleef? Die uitgangspunt is dat Paulus ten tyde van sy skrywe aan die Filippense aan eksterne stressors onderworpe was, maar dat hy met die blydskapsmotief kon leef omdat daar by hom 'n verband tussen die etiese indikatore identiteit, etiek en etos was (vgl. Kok 2010:1-5, 2011:2-3 en Van der Watt 2006:v-ix). Wat metodologie betref, kan die stresmodel, soos die leser voor die teks dit verstaan, nie direk op Paulus se lewe toegepas word nie, want so 'n werkswyse kan tot die gevaar van etnosentrisme aanleiding gee. Die werke van Bergh en Theron (2004) aangaande die kategorieë van stres en Van der Watt (2006:v-ix) se etiese indikatore, naamlik identiteit, etiek en etos, word as heuristiese kategorieë aangewend om 'n eksegetiese en sosiaal-wetenskaplike ondersoek oor stres as 'n verskynsel in die antieke tyd en die hermeneutiese boodskap daarvan vir vandag te ontsluit. Daar sal op Paulus se brief aan die Filippense gefokus word.
Omskrywing
Kategorieë van stresDie stresmodel word binne die konteks van hierdie artikel geïnterpreteer in terme van die kategorieë stressors, soos aangedui in Bergh en Theron (2004:399). Hulle noem drie kategorieë stres: naamlik frustrasie, konflik en druk. Frustrasie dui daarop dat iemand om die een of ander rede verhinder word om sy of haar doelwitte te bereik. Die mate van toleransie is weer afhanklik van die funksie van aangeleerde gedrag, met ander woorde, hoe het ek geleer om my behoeftes te bevredig. Die volgende kategorie waarna Bergh en Theron (2004:399) verwys, is konflik. Konflik is wanneer 'n persoon 'n verskeidenheid behoeftes op dieselfde tydstip moet bevredig. Die stres word verskerp wanneer die persoon sterk negatiewe en positiewe gevoelens oor dieselfde keusemoontlikheid het. Die derde kategorie het te make met 'druk' (Bergh & Theron 2004:399). Die verwagtinge om in verskeie lewensrolle te presteer of te konf...