Serum melatonin concentrations in coronary heart disease patients with hypercholesterolaemiaThis investigation was undertaken to determine the serum melatonin concentrations in coronary heart disease patients (CHD) with hypercholesterolaemia. Hypercholesterolaemia is a contributing factor to atherogenesis in CHD. Melatonin suppresses cholesterol synthesis. The preliminary results indicate that melatonin levels seem to be suppressed in CHD patients with hypercholesterolaemia.
INLEIDINGMelatonien is 'n pineaalklierhormoon wat tydens die lig-donkersiklus gesekreteer word. [1][2][3][4][5] Tot onlangs is melatonien nog as die wonderhormoon beskou wat 'n invloed het op die immuunsisteem, slaap, stresverligting, kankerprogressie en die kardiovaskulêre stelsel.6 Daar is gevind dat pasiënte met koronêre hartvatsiekte verhoogde nagtelike sekresie van noradrenalien het. Aangesien melatonien simpatiese senuwee-aktiwiteit onderdruk, is die melatonienvlakke in hierdie pasiënte bepaal. Daar is gevind dat die melatonienvlakke in hierdie pasiënte verlaag is.7 Melatonien moduleer ook die funksionele status van die spanningsafhanklike kanale in die hart. [8][9][10][11][12][13] Op metaboliese vlak inhibeer melatonien cholesterolsintese in menslike leukosiete.14 Cholesterol, lae digtheidslipoproteïen (LDL) en hoëdigtheidslipoproteïen (HDL) is bekende risikofaktore in aterogenese en koronêre hartvatsiektes. [15][16] Die doel van die studie is om die serummelatonienvlakke in koronêre hartvatsiektepasiënte met hipercholesterolemie te bepaal.
EKSPERIMENTEEL
Eksperimentele ontwerpIn hierdie loodsstudie is manlike pasiënte wat die Kardiologiekliniek van die Universitashospitaal in Bloemfontein besoek, gebruik. Die nodige toestemming is van die pasiënte verkry en 'n addisionele bloedmonster is geneem. Die insluitingskriteria was as volg:Manlike individue tussen die ouderdom van 35 -60 jaar wat nie rook nie, met 'n stabiele koronêre hartvatsiekte. Hierdie pasiënte se hipercholesterolemie is bevestig deur 'n lipogram. Die bloedmonsters is geneem en hanteer soos voorgeskryf deur die melatonienekstraksiemetode.
Analitiese tegniek en geanaliseerde komponenteEen-en-veertig pasiënte wat aan genoemde kriteria voldoen het se bloedmonsters is geanaliseer. Die melatonienvlakke is bepaal deur gebruik te maak van die Melatonien I 125 RIA-ekstraksiemetode. Die reagense is deur DDV Diagnostika voorsien en die ekstraksiemetode is stiptelik volgens hulle voorskrifte uitgevoer. Die melatonienekstraksie is in duplikaat uitgevoer sodat melatonienvlakke akkuraat gereflekteer kon word.Die pasiënte se cholesterolvlakke word as standaardprosedure deur die Kardiologiekliniek aangevra.
RESULTATEOpsommende statistiek van cholesterolvlakke (op behandeling) en melatonienvlakke word in tabel 1 aangedui. Die 95%-vertrouensinterval vir die gemiddelde melatonienwaarde strek van 10,8 tot 15,4; dit oorvleuel dus effens met die onderste grens van die normale reikwydte.Ses-en-twintig (63%) van die pasiënte het melatonienwaardes onder die normale reikwydte vertoon, en...