Lupinus alb us or sweet white lupin is a crop producing its seed yield in succeeding orders of racemes on the plant. All combinations of 18 yield components of five cultivars grown in 11 environments were correlated with each other. An ideotype for the South African summer rainfall area was drawn up by linking characteristics with highly significant correlations in each array of combinations. Characters positively correlated with single plant seed yield were seed yield/ha, racemes/plant, pods/plant, seeds/plant and seeds/pod. Single seed mass of higher order pods was also positively correlated with seed yield/ha, but not with any other group of characters. For the most important links, the slopes of the regression lines between the characters concerned are shown in the ideogram. Single plant seed yield was negatively correlated with the relative contributions (pods, seeds, seed yield) of the first order. It was consequently concluded that when selecting for higher seed yield/ha in plant types conforming to the ideotype described, the value of this order should not be overemphasized. Lupinus albus, of soet witlupien, is 'n gewas wat sy graan in opeenvolgende raseme op die plant produseer. Agtien opbrengskomponente is vir vyf cultivars bepaal, wat in 11 omgewings aangeplant en met mekaar gekorreleer is. 'n Ideotipe vir die Suid-Afrikaanse somerreenvalgebied is opgestel deur eienskappe met hoogs betekenisvolle korrelasies te koppel. Eienskappe wat positief korreleer met enkelplantsaadopbrengs was saadopbrengs/ha, raseme/plant, peule/plant, sade/plant en sade/peul. Enkelsaadmassa van die hoer ordes was ook positief gekorreleer met saadopbrengs/ha maar nie met enige ander groep van eienskappe nie. Vir die belangrikste koppelings tussen eienskappe word die hellings van die regressielyne in die ideogram aangetoon. Enkelplantsaadopbrengs was negatief gekorreleer met die relatiewe bydraes van die eerste orde (peule, sade, saadopbrengs). Gevolglik moet die bydrae van hierdie groep eienskappe by seleksie vir opbrengs in hierdie ideotipe nie oorbeklemtoon word nie.