OPSOMMINGBeperkte inligting is beskikbaar oor die eetgewoontes en voedselvoorkeure van die Suid-Afrikaanse bevolking. Die eetgewoontes en voedselvoorkeure van mans (16-25 jaar) wat dienspligtig was ten tye van die studie, 1993 tot Maart 1994, is bepaal. Die resultate van die studie het daarop gedui dat die sewe etniese groepe (blankes, kleurlinge, NoordSotho's, Suid-Sotho's, Tswanas, Xhosas en Zoeloes) in twee groepe verdeel kan word op grond van ooreenkomste in hulle eetgewoontes en voedselvoorkeure. Die blankes en kleurlinge, wat beide tipiese Westerse eetpatrone en voedselvoorkeure gerapporteer het, het 'n groep gevorm, en die vyf swart etniese groepe het 'n tweede groep gevorm.In 'n vergelyking tussen die tradisionele en huidige eetgewoontes van die swart bevolkingsgroepe in Suid-Afrika, is daar 'n duidelike verandering opgemerk. Die tradisionele eetpatroon en maaltydsamestelling is gedeeltelik vervang deur 'n tipiese Westerse eetpatroon en maaltydsamestelling. In ooreenstemming met vorige studies is daar ook gevind dat drie maaltye per dag teenoor die tradisionele twee maaltye per dag algemeen voorkom. Die maaltydsamestelling word gekenmerk deur die insluiting van meer Westerse voedselitems.Die eetgewoontes en voedselvoorkeure van die vyf swart etniese groepe word in hierdie publikasie gerapporteer.
-Mrs AT Viljoen