Die samestelling van 'n diagnostiese program vir stamel as 'n vorm van psigoneurologiese disfunksie word gebaseer op 'n teoretiese orientering ten opsigte van die simptomatologiese en etiologiese verband tussen hierdie twee sindrome. Hierdie verband word met empiriese bevindings gestaaf. 'n Omvattende diagnostiese program is saamgestel met die doel om al die verskillende simptome van psigoneurologiese disfunksie, sowel as meer spesifiek, die verbale kommunikasieprobleme van stamel, uit te lig. Ten slotte word hierdie program ge-evalueer aan die hand van eksperimentele bewyse.