The aim of this study was to develop a generic work unit performance measure that can be utilised in private, public and non-profit work units. Development of such a questionnaire, called the Performance Index (PI) comprised three steps, namely deciding on a baseline structure for the model; verifying the model and dimensions through subject expert feedback; and consolidating the model and refining the questionnaire. The sample consisted of 60 units rated on a 360 basis by 257 respondents. Item and dimensionality analysis, followed by confirmatory factor analysis utilising LISREL produced acceptable model fit. Overall, results provided reasonable psychometric support for the Performance Index.<p> <strong>Opsomming</strong> <br>Die doel van die studie was om ’n generiese werkeenheid- prestasiemeting te ontwikkel wat in privaat, openbare en nie-winsgerigte organisasies gebruik kan word. Die ontwikkeling van die vraelys, die Prestasie-Indeks (PI) het drie stappe behels, naamlik om te besluit op ’n onderliggende struktuur vir die model; om die model en dimensies deur middel van ekspert-beoordeling te verifieer; en om die model te konsolideer en die vraelys af te rond. Die steekproef het bestaan uit 60 eenhede wat op ’n 360-basis deur 257 respondente beoordeel is. Item- en dimensionaliteitsontledings, gevolg deur Lisrel-gedrewe bevestigende faktorontleding het gedui op aanvaarbare modelpassing. In geheel beslou het resultate redelike psigometriese ondersteuning aan die Prestasie-Indeks verleen