Opsomming Kaaps is een van die oudste variëteite van Afrikaans wat sedert die sewentiende eeu aan die Kaap gepraat is en is vandag steeds die taal van die bruin werkersklas in die Kaapse Skiereiland. Alhoewel dit hoofsaaklik as ʼn gesproke variëteit gebruik word, word dit ook aangewend in die letterkunde. Dis veral die gebruik van Kaaps in die digkuns en drama van Adam Small wat Kaaps help vestig het in die Afrikaanse literatuur en ʼn nuutgevonde belangsteling in dié variëteit van Afrikaans gebring het. Vandag vind Kaaps neerslag in die teater, musiek, televisie, radio en die gedrukte media. Die doel van die studie is om die gebruik van Kaaps in die poniekoerant Son te ondersoek. Die studie wil bepaal tot watter mate Kaaps in die Son-artikels gebruik word en tot watter mate diglossie voorkom in Son deur die gebruik van Kaaps en Standaardafrikaans in een artikel of binne een uitgawe van Son. Die taalvariasie in Son word vanuit ʼn sosiolinguistiese raamwerk ondersoek as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans. Binne die raamwerk word taal binne die sosiale konteks waarbinne dit voorkom ondersoek. ʼn Gelykevlakbenadering tot taalvariasie word gevolg waar Kaaps beskou word as deel van die spektrum van Afrikaans en nie as ondergeskik tot die standaardvariëteit nie. Son is die eerste Afrikaanse poniekoerant in Suid-Afrika en die eerste koerant wat ʼn informele vorm van Afrikaans gebruik wat deur sommige beskou word as Kaaps. Die doel van die studie is om die taalgebruik in Son te ondersoek in ʼn poging om te bepaal tot watter mate die taalgebruik in Son ʼn getroue weerspieëling van Kaaps is en tot watter mate dit ooreenstem met die taalgebruik van die sprekers van Kaaps. Die ondersoek word gedoen deur ʼn teksanalise van Son-artikels uit verskillende uitgawes van Son. Die bevinding van die studie is dat die taalgebruik in Son nie beskou kan word as ʼn ware weerspieëling van Kaaps nie, maar eerder as ʼn informele Afrikaans wat elemente van Kaaps bevat.
Intercultural communication is by nature a complex activity. In a multilingual society like ours, it will inevitably surface in the health care sector. The services of an interpreter are often considered to break the impasse in this communication process. The communication problem between the two parties, the service provider and client/ patient, is often not simply a matter of language but societal factors of which the liaison interpreter should be aware of also plays a major role for effective extended communication. This article focuses on some of the problems in rendering an oral source text in multilingual and multicultural societies such as South Africa in which there are heterogeneous target audiences for interpreting. It is pointed out that interpreters in such societies must take into account the heterogeneity of the target audiences, or otherwise interpreting will only be symbolic gestures, empty of value, and thus not communicate the message intended. In the process the limitations of the interpreter and how the presence of the interpreter can be facilitated, is also highlighted
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.