In navorsing oor motiewe en temas in letterkundige werk is dit van groot waarde as die teks dit self deur een of ander tegniek aandui. Sodoende kan subjektiewe raaiwerk grootliks uitgeskakel word. In die Oresteia, byvoorbeeld, maak Aiskhulos op s6 'n manier van dubbelsinnigheid gebruik dat 'n woord se metaforiese betekenis in die onmiddellike konteks inpas, maar die letterlike betekenis 'n motief skep wat meewerk aan 'n tema. In Ag. 143 s~die teks dat Artemis "aangenaam .teenoor die doudruppels (oppLKaAOtcTL) van sterk leeus" is. In die onmiddelike konteks verwys 'doudruppels' na 'kinders', maar die letterlike betekenis vorm deel van 'n tema van bloed wat vergiet word, en kulmineer in Agamemnon se bloed wat Klutaimnestra soos 'n 'reenbui' (1/;OtKa<>L) tref (Ag. 1390) (Saayman 1994:3). Maar in die Perse word so ' n sterk verskil tussen metaforiese en letterlike betekenis skynbaar nie dikwels gebruik nie. Wanneer dubbelsinnighede weI gebruik word, is dit baie meer 'gewoon', soos (Jovpw<; eers as 'ywerig' (73 en 137) en dan as 'oorywerig' (718 en 754), en OLXOP.OtL eers as 'weggaan', maar later as 'heengaan' /'omgekom'. Hierdie gewone tipe dubbelsinnigheid word egter nie baie gebruik nie. Die tegniek wat hoofsaaklik in die Perse gebruik word, is om woorde. deur middel van stilistiese strukturering uit te lig. Woorde kan semanties of met mekaar kontrasteer word, soos 7fpeUpeLOtIl ('ouderdom', rA) en lIioll ('jonk', r.13), of identifiseer word, soos BOpallWII ('paleis', rA) en pOt(1LAeL~('koninklik', r.8). Beide tipes word deur strukturele tegnieke aangedui. In hierdie artikel word gewys op die unieke strukturering van Perse 1-15, wat duidelik ten doel het om motiewe aan te dui. Die eerste vyftien reels van die Perse vertoon 'n besondere struktuur deurdat rr. * Erkenning: Die TLG elektroniese teks is gebruik om woorde te soek.
scite is a Brooklyn-based organization that helps researchers better discover and understand research articles through Smart Citations–citations that display the context of the citation and describe whether the article provides supporting or contrasting evidence. scite is used by students and researchers from around the world and is funded in part by the National Science Foundation and the National Institute on Drug Abuse of the National Institutes of Health.